TV Plus (Afrikaans)

Glibberige kalant

Mampho se gesondheid­sgeheim is nie so erg soos die een wat haar nuwe ou het nie.

-

Die radio-DJ Mampho (Itumeleng Bokaba) was nie heeltemal eerlik met haar nuwe kêrel Joe (Nhlakaniph­o Manqele) nie. Sy hou haar MIVstatus geheim tot hulle die punt bereik waar seks volgende is. “Sy is vreesbevan­ge,” verduideli­k die aktrise, wie se karakter ’n ete-afspraak kies om hom te vertel. Sy is al voorheen daardeur en weet wat om te verwag. Dit keer nie dat sy aan moontlike uitweë dink om Joe nie af te skrik nie, voeg Itumeleng by. “Sy het verlief geraak op hom, maar is bang hy gaan haar los wanneer hy hoor sy is MIV positief.” Tog gebeur net die teenoorges­telde, en Mampho sê: “Joe deins nie terug nie en verseker haar hy stel steeds belang om haar uit te neem,” sê Itumeleng. Mampho is verlig dat sy haar nuus nie langer hoef weg te steek nie, maar Joe het self ’n geheim: ’n swanger vrou.

LEEF SAAM MET ’N LEUEN

Mampho was so behep om vir Joe die inligting oor haar gesondheid te gee dat sy die wankommuni­kasie tussen hulle geïgnoreer het. “Hy lieg oor waar hy is,” verduideli­k Itumeleng. “Sy stories maak nie sin nie. Die een oomblik vertel Joe haar hy het saam met sy vriende by ’n kroeg drankies gedrink, die volgende oomblik het hy pas klaar gedraf. Hy kan nie tred hou met sy leuens nie en sy voel soos ’n dwaas want sy besef uiteindeli­k hy lieg.” Die oomblik dat hy haar kamer verlaat, gryp sy sy foon en soek inkriminer­ende bewyse. “Sy kry dit! SMS’e van ’n vrou wat voorgee sy’s sy vrou,” sê Itumeleng. “Sy is verstom en gebroke en kan nie glo hy het so vir haar gelieg nie. Dis onvergeefl­ik, en sy gaan hom ontmasker as die leuenaar wat hy is.” En watter beter manier is daar as haar radioprogr­am?

JOE SE VROU IN DIE ATELJEE

Mampho is stomgeslaa­n wanneer ’n swanger Constance (Mokokobale Makgopa) ná haar onthulling van iemand se affair op die lug by die ateljee instap. Sy weet nie Mampho ken Joe nie. Mampho besef dis moontlik dat die vrou vroeg kan begin kraam ná sy uitvind haar man is ontrou, en versag die nuus en waarsku Constance om “’n oog oor haar man te hou”.

Constance hou nie van Mampho se inmenging in haar huwelik nie en waarsku haar om weg te bly van Joe, wat Itumeleng sê sy vrou om sy pinkie draai. “Hy kan goed manipuleer. Constance het vir sy truuks geval en Mampho ook. Maar sy gaan nie niks doen nie. Joe sal in die openbaar ontmasker word en daar’s niks wat hy of Constance kan doen om Mampho te keer nie.”

 ??  ?? Mampho vertel haar nuwe kêrel van haar MIV-status. Die swanger Constance weet nie wat Joe aanvang nie.
Mampho vertel haar nuwe kêrel van haar MIV-status. Die swanger Constance weet nie wat Joe aanvang nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa