TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 FEBRUARIE

-

Phindile konfrontee­r Lindiwe met haar vermoedens, en Mary gaan van halsoorkop tot hartseer en onguns. Wesley vind uit Shannon se gesondheid het ’n terugslag gekry, en Arabella bel Ingrid dringend, maar die stres veroorsaak dat Ingrid by die werk ineenstort. Arabella en Anton weet nie wat om vir hul seun te sê nie, en Grace is verstom wanneer iemand by haar aanlê. Layla sien intussen ’n vonk tussen Grace en ’n ander man, en Yvonne word van inmengery beskuldig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa