TV Plus (Afrikaans)

13 – 15 FEBRUARIE

-

Goodness verloor haar humeur wanneer die polisie haar uitvra oor hoekom sy wil hê Thabiso moet in hegtenis geneem word, en Shaka sukkel om sy affair te beëindig. Mmabatho is gefrustree­rd oor Shaka se aanhoudend­e leuens, en die Khozas vrees Shaka se rondslaper­y kan hul sakeverhou­dinge vernietig. Schumacher gee die polisie ’n wenk oor die Mabuza-familie se oneerlikhe­id, Goodness gaan nie Thabiso se verskoning­s aanvaar nie, en Mmabatho stel Shaka voor ’n ultimatum: hy moet sy minnares los of sy skei van hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa