TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 FEBRUARIE

-

Tristan word onverhoeds betrap wanneer hy gedwing word om Karel te vertel hy is nie deel van die Witleeupro­jek nie, Tiro probeer kontak maak met Lelo, en Itumeleng en Bernie sluip steeds rond. ’n Byeenkoms by Dinaledi dreig om uitmekaar te val, maar Bernie is daar om dit te red, en Itumeleng is trots op die manier waarop Bernie die situasie hanteer het. Kate word aangemoedi­g om ver weg van Karel te bly, Marang neem haar vriend in haar vertroue oor haar egskeiding, en Kate en Tristan werk aan hul huwelikspr­obleme.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa