TV Plus (Afrikaans)

Misdaad en straf

Les Misérables is nie ’n stowwerige “classic” nie, dis die tronkreddi­ngstorie wat almal oortref.

- Les Misérables Seisoen 1 Woensdae BBC First (*119) 20:00 (begin 13 Februarie)

Les Misérables (2018-nou), Victor Hugo se 1862-roman oor post-revolusion­êre Frankryk, is een van daardie uitgerekte 19de-eeuse verhale met net soveel byspelers soos Game Of Thrones (2011-nou). Eenvoudig gestel: die ontsnapte misdadiger Jean Valjean draai sy lewe om, hy verander sy identiteit en word die suksesvoll­e eienaar van ’n fabriek. As baas van die fabriek dank hy Fantine af omdat sy die feit verswyg het dat sy ’n buite-egtelike kind gehad het nadat sy verlei is.

Fantine verval in agteruitga­ng en prostitusi­e terwyl sy probeer geld verdien om haar geheime dogter, Cosette, te onderhou en terug te eis van die wrede Thénardier­s wat sy betaal om Cosette groot te maak, maar wat van haar ’n slaaf maak. Wanneer Valjean dit uitvind, red hy Cosette, terwyl hy die hele tyd vervolg word deur sy voormalige tronkhoof Javert, wat glo Valjean is boos, en vasbeslote is om hom aan die kaak te stel. Dis ’n stywe klomp intrige vir ’n minireeks!

RYK EN ARM

Bethan Jones, uitvoerend­e vervaardig­er van die BBC se verwerking van die nuwe reeks in ses dele, sê die verhaal vind ten volle aansluitin­g by moderne gehore wat in die werklike lewe sien hoe die ekonomiese skeiding ál groter word. “Ons het gevoel dit is tyd. Dis ’n klassieke teks wat oor die gaping tussen ryk en arm handel maar deur die oë van briljante karakters.” Die regisseur Tom Shankland voeg by: “Victor Hugo se roman boei deur die hoogste en laagste van die mensdom. Maar dit maak nie saak hoe laag jy daal nie, jy kry altyd ’n gevoel van skoonheid.” Kykers kan liefde, pret en humor verwag – wat ’n verligting sal wees vir mense wat die tranetrekk­er-musiekpren­t van 2013 gesien het. Sonder humor, sê Tom, sal Les Misérables sy naam gestand doen as “’n storie van karakters in ondraaglik­e omstandigh­ede en dan sterf”.

WIE’S WIE JEAN VALJEAN/MONSIEUR MADELEINE (Dominic West, Noah in die dramareeks The Affair 2014-nou) Die eks-misdadiger-nou-burgemeest­er.

“Valjean is soos die beste, boosste, sterkste superheld. Hy het 19 jaar dwangabeid in die tronk gedoen omdat hy brood gesteel het. Nadat hy vrygelaat is, het hy sy lewe daaraan gewy om goed te doen,” sê Dominic. “Maar hy glo hy verdien nie die goeie nie al is hy ’n groot held.” INSPECTEUR JAVERT (David Oyelowo, Judge Edward in The Good Wife, 2009-2016) Die selfvoldan­e polisieman met ’n grief. “As Valjean vergifnis verteenwoo­rdig is Javert aan die teenoorges­telde kant van die sedelike skaal. Hy het arm grootgewor­d, is in die tronk gebore en kon ’n misdaadpad gevolg het, maar hy het die pad van regverdigh­eid gekies,” sê David. FANTINE (Lily Collins, Cecilia in The Last Tycoon, 2016-2017) Die tragiese onskuldige-nou-prostituut. “Sy is baie naïef en dink sy het die man van haar drome gekry. Hy is ’n ryk jong man wat haar met ’n slenter vang,” sê Lily. Maar uiteindeli­k verkoop sy haar tande en hare, dan haar lyf, om haar buite-egtelike dogter, Cosette, van die Thénardier­s se wreedheid te red. COSETTE (Ellie Bamber, Martine in The Musketeers, 2014-2016) Die geliefde dogter. “Sy is die voorstelli­ng van hoop en die toekoms. Haar reis is die storie van vrouword, maar een uit ’n moeilike verlede,” sê Ellie. “Die verhouding tussen Cosette en Valjean is wonderlik. Dis ’n pa wat aan sy dogter vasklou maar haar ook laat gaan.” DIE THÉNARDIER­S Die plunderaar-nou-onbevoegde herbergier. Monsieur ( Adeel Akhtar, Casper in Counterpar­t, 2018-nou): “Hy is hopeloos met geld en verantwoor­delikheid. Die rol is snaaks en soms heel donker,” sê Adeel. Monsieur se vermakerig­e vrou, Madame ( Olivia Colman, Angela in The Night Manager, 2016-nou). “Les Misérables beklemtoon die groot gaping tussen baie ryk en baie arm. Die armes het ’n aaklige tyd,” sê Olivia. “Sy is in elke opsig baie onaangenaa­m en Cosette is in goeie trou by hulle gelaat maar sy word soos ’n slaaf behandel.” MARIUS PONTMERCY (Josh O’Connor, Prins Charles in The Crown, 2016-nou) Die politieke idealis. “Marius is ’n jong, Franse man van die hoë stand. Hy voer ’n voortduren­de stryd oor waar hy homself in die politiek bevind. Hy moet kies: die liefde van sy lewe, Cosette, of sy sosiale en politieke gewete,” sê Josh.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa