TV Plus (Afrikaans)

Mnr. Sjarmant

Hannes maak naam voor en agter die kamera.

- Seisoen 20 Sondae kykNET (*144) 18:00 Kwêla

Wanneer Hannes van Wyk, ankeraanbi­eder van Kwêla (1999 – nou), Sondae om 18:00 in ons huise kuier, voel dit soos ’n ou bekende wat hom in die sitkamer kom tuismaak. Met sy natuurlike aanslag, speelse humor en sjarme het hierdie boorling van Aliwal-Noord die afgelope vier jaar diep in duisende kykers se hart gekruip.

Hannes het nie geskrik vir die uitdaging om die leisels by Coenie de Villiers, wat 16 jaar lank die aanbieder was, oor te neem nie. Maar hy het uit die staanspoor gesê: “Ek is nie ’n tweede Coenie nie en sal dit nooit wees nie. Ek is en bly net Hannes en het my eie styl en doen my eie ding.”

Dit is dan ook presies wat hy doen – hy druk sy eie stempel af op alles wat hy aanpak. En daardie alles is sommer hope hooi op sy vurk, want benewens aanbieding speel hy toneel, doen regie en is hy ’n spelvervaa­rdiger (’n vervaardig­er wat tydens opnames op die stel is).

DOEN SY HUISWERK

Wanneer Hannes in die aanbieders­toel regskuif, doen hy dit met soveel gemak en grasie dat dit soos kinderspel­etjies lyk. Maar dis allesbehal­we, sê hy. “Aanbieding is vrek harde werk! Ek werk baie hard aan my voorbereid­ing. Wanneer die persoon met wie ek die onderhoud voer voor my sit, ken ek hom of haar gewoonlik beter as wat hulle hulself ken.”

Hy praat dikwels eers met ander mense oor die persoon wat by hom in die ateljee kom kuier. “Ek vra vir ander wat hulle graag van so- en-so wil weet.” Omdat die onderhoude net sowat agt minute duur, probeer Hannes om op die belangriks­te aspekte te fokus. “Ek sonder gewoonlik drie belangrike goed uit wat ek graag oor die persoon of onderwerp aan die kyker wil oordra,” verduideli­k die aanbieder.

Almal praat nie ewe maklik wanneer die kamera begin rol nie, daarom is ’n vertrouens­verhouding noodsaakli­k, voeg hy by. “Die aktrise Wilna Snyman, Madel Terreblanc­he in 7de Laan (2000-nou) het byvoorbeel­d in 2017 heel gemaklik met my oor haar alzheimers­iekte gesels omdat sy my vertrou.”

ALLEDAAGSE MENSE

Dit was vir hom ’n aanpassing om Bravo! (2012-nou), wat hy van 2012 tot 2015 aangebied het, vir Kwêla te verruil. In Bravo! val die kollig meesal op bekende mense en glansgelee­nthede terwyl Kwêla hoofsaakli­k oor gewone mense met uitsonderl­ike stories gaan. “Bravo! was ’n wonderlike ondervindi­ng want ek het die geleenthei­d gehad om met internasio­nale sterre soos die veteraanak­trise Sophia Loren [in 2013] onderhoude te voer.

“Maar dit is dikwels alledaagse stories van Jan en alleman wat ek op Kwêla doen wat my hartsnare roer. My onderhoud in 2018 met die voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis, Vanessa Goosen wat in 1994 op die Bangkoklug­hawe met dwelms betrap is en 16 jaar lank in Thailand agter tralies moes sit, het my diep geraak. Ek kan ook my onderhoud verlede jaar met Ellen Pakkies, wat in 2007 haar 20-jarige tikverslaa­fde seun, Abie, vermoor het, uitsonder.”

AFWISSELIN­G

As jy nie wil stagneer nie, moet jy jous self gereeld herontwerp, glo Hannes. “Daarom hou ek daarvan om verskillen­de tipes werk soos toneelspee­l, a aanbieding en vervaardig­ing af te w wissel.” Sy grondslag in die bedryf is in toneelwerk gewortel toe hy v van 1991 tot 1994 vir ’n BA- graad in d drama aan die Universite­it van die V Vrystaat studeer het. “Eintlik het e ek in my vierde jaar by SUKOVS (Streekraad vir die Uitvoerend­e Kunste K van die Oranje-Vrystaat) begin werk en terselfder­tyd my fi finale jaar [1994] voltooi. Dis waar m my paaie met groot geeste soos W Wilna Snyman en Marga M van Rooy van onder meer Vetkoekpal­eis (as Ella, 1996-2000) gekruis het. Ek het t toe ook die basiese beginsels van toneelspel, sowel as die belangrikh­eid van stiptelikh­eid, g geleer,” voeg Hannes by. “Om die waarheid te sê het ek nooit enige drome gekoest ter om TV-werk te doen nie. My fokus was in daardie stadium verhoogwer­k en dit is wat ek toe gedoen het.”

Maar Hannes se toneeltale­nt is gougou vir TV opgeraap. As student het hy eers ’n kameerolle­tjie in die dramareeks Manakwalan­ners (1993) losgeslaan en daarna het hy die rol van Pieter Groenewald in Paul C. Venter se reeks Torings (1994) vertolk. “AnnaMart van der Merwe (Rika) en Dawid Minnaar (Dolf Groenewald) het my ouers gespeel, maar onthou, hulle is met behulp van grimering heelwat ouer laat lyk,” skerts hy.

Die afgelope twee jaar het Hannes weer die geleenthei­d gekry om sy passie vir toneel uit te leef. In 2017 het hy die rol van Wouter Bruwer in die TV- dramareeks Waterfront vertolk en daarna het die rol van die bose onderwyser Immelman in die rillerdram­a Spoorloos (2018/ 2019) gevolg.

“Toe ek van 1991 tot 2001 die rol van die aaklige Krynauw du Buisson in Egoli – Plek Van Goud (1991-2010) gespeel het, het kykers my verpes en een vrou het selfs koffie in my gesig gegooi. Maar hierdie Immelman in Spoorloos was sommer baie erger as Krynauw, want hy het kinders ver-moor. Gelukkig het niemand my op straat te lyf gegaan nie. Inteendeel, ek het baie goeie terugvoer oor die rol gekry,” sê hy verlig. “Kykers kan ook deesdae die onderskeid tussen Hannes die akteur en Hannes die aanbieder tref.” So tussen al sy werksaamhe­de deur is hy ook regisseur van kykNET & kie se geselsprog­ram Tussen Ons (2019) en spelvervaa­rdiger by kykNET se sepie Suidooster (2015-nou).

“Ek werk ’n paar dae in die week by Suidooster en ons doen weekliks opnames van Tussen Ons. Ek is maar kwaai wanneer ek ’n spelvervaa­rdiger is – ek is gesteld daarop dat die akteurs hul voorbereid­ing goed doen, hul woorde ken en stiptelik is.”

En dan wag daar vanjaar ’n nuwe eenmanvert­oning, Sê Groete Vir Ma, waarin hy speel. “Die aktrise Desiré Gardner (Carmen, Suidooster, 2015-nou) het hierdie verhoogdra­ma geskryf en Sandra Prinsloo (Sandra Op ’n Drafstap, 2001-2014) is die regisseur. Dit handel oor ’n karakter, Regardt Roberts van Aswegen, wat saam met sy ma op reis gaan. Dis humoristie­s, maar ook hartseer.” Die verhoogstu­k open vanjaar by Inni Boskunstef­ees, 26-29 Junie in Nelspruit en gaan ook deur die land toer.

LEWENSFILO­SOFIE Sy lewensfilo­sofie verander met seisoene en jare.

“Ek het begin 2019 weer besluit: ek moet voluit leef en baie lag.”

Wanneer hy terugkyk op sy loopbaan sal hy niks verander nie.

“Almal maak foute, maar ’n mens leer daaruit.”

En sal hy ooit weer in ’n sepie speel?

“Enige tyd. Dit is die medium waar ek die meeste geleer het. En veral as dit weer so ’n omstrede rol soos Krynauw s’n is!”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa