TV Plus (Afrikaans)

Weer tyd vir magic!

Die ervare The Voice SA- mentor Lira raak liries oor stoele omdraai vir iemand met “daardie spesiale vonkel”.

- The Voice SA Seisoen 3 Sondae M-Net (*101) 17:30

Om in die stort te sing is een ding, maar om voor ’n gehoor te staan en goed genoeg te probeer klink dat ’n werklike musiekster sy/haar stoel sal omdraai is heeltemal iets anders. Dis die werklikhei­d in die talentsoek­reeks The Voice South Africa (2016-nou) en is nie vir sissies nie, verduideli­k die sangeres en mentor Lira. Sy is die enigste terugkeren­de mentor die seisoen en is al van die begin af by die reeks en het empatie met die aspirantsa­ngers. “Ek kan my voorstel hoe senuagtig hulle voel wanneer hulle op die verhoog staan en hul bes doen, en dan word nie een stoel omgedraai nie. Dit moet verskrikli­k voel.” Om uit te staan het jy daardie iets spesiaals nodig en dis waarna Lira en haar drie medementor­s, die rockster Francois van Coke, rapper Riky Rick en sangeres Riana Nel, soek.

ELKEEN IS ’N SANGER

“Dis hartverske­urend om te luister hoe iemand optree, maar wat nie die sprankel het om my te laat omdraai nie,” sê Lira. Elkeen wat ’n oudisie aflê bring sy eie bekoring en klank na die reeks. “En hulle is almal goeie sangers, maar op die ou end soek jy as mentor ’n stem wat spesiaal is en werklik uitstaan.” Die gehoor gee die mentors ook ’n tawwe tyd. Hulle gee onmiddelli­ke terugvoer as hulle dink die afrigters het iets spesiaals misgeloop. “Ons word baie geboe,” sê Lira. “Sommige mense in die gehoor raak baie ontsteld.”

’N GROOT TREFFER

Ná haar talle blinde oudisies is Lira oortuig daarvan die regte bekoring lê by die deelnemers. “Kykers wil alledaagse mense sien wat die moed het om hul drome na te jaag. Mense word geïnspiree­r deur wat hulle op TV sien. Dis wonderlik om die ongeloofli­ke talent te sien en dis ook ’n emosionele wipwarit vir ons as afrigters.” Lira voeg by een van die lekkerste dele van die reeks is wanneer twee of meer afrigters vir ’n sanger omdraai. “Dis opwindend wanneer ons hulle dan smeek om ons te kies, en ons moet bewys ons is goed genoeg vir hulle ná hulle bewys het hulle is goed genoeg vir ons.”

RESEP VIR SUKSES

Die vervaardig­ers het ’n paar elemente van die eerste twee seisoene aangepas om die derde seisoen nie net aangenamer te maak vir die kykers nie, maar moeiliker vir die deelnemers. “Die Battle- en die uitklopron­de (Knockout) is omgeruil en kinkels is by die formaat van die oorspronkl­ike reeks, The Voice Holland (2010-nou), gevoeg. Ons laat die helfte van ons spanne gaan en dis hartverske­urend,” sê Lira.

VERANDER LEWENS

Die pret eindig in seisoen 3 nie net wanneer die stoele omdraai nie – en dis ’n trekpleist­er vir die reeks, sê Lira. “Ons het iets anders as die ander realiteits­reekse. Ons sien om na mense wat kan sing en wat hul loopbaan wil ontwikkel. Die deelnemers het ’n groep profession­ele sangers om hulle te help groei en hul sangtalent te slyp.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa