TV Plus (Afrikaans)

Oop vir sake

Superstore se deure is weer oop vir meer chaos nadat almal amper in ’n orkaan dood is in seisoen 2.

-

Die enigste werk wat naby TV kyk vir ’n lewe kom, is om by die groot Cloud 9-winkel in die komedieree­ks Superstore (2015-nou, seisoene 1-3 kan op Showmax gestroom word) te werk. Jy word betaal om heeldag met jou vriende te ginnegaap en die werk is minimaal – selfs vir die geringstes onder die geringe werkers, jy pak ’n paar rakke hier, vul voorraad daar aan en hou twee-uur lange vergaderin­gs in die middel van die dag. En dit klink of dit vir die akteurs ook groot pret agter die skerms is.

VAN DIE GROND AF

Die herbou van die winkel ná ’n tornado die dak in die laaste episode van seisoen 2 afgeruk het, was heel maklik. ’n Hamer en ’n paar spykers hier, ’n bietjie verf daar en siedaar! Hulle is weer reg vir besigheid. Ten minste vir die besigheid van gekskeer. Maar die assistent-winkelbest­uurder van Cloud 9, Amy (America Ferrera, wat ook die reeks se uitvoerend­e vervaardig­er is), het ’n probleem daarmee dat die winkel weer oop is. Sy wil liewer nie by die werk wees ná sy haar goedhartig­e kollega op wie sy verlief is, Jonah (Ben Feldman), gesoen het toe die windstorm gedreig het om hulle dood te maak nie.

“Wat? Hulle het gedink hulle is op die punt om dood te gaan,” verduideli­k America die dryfveer agter die soenery. “Dinge het emosioneel en driftig geraak tydens die tornado. Ná die soen – en omdat hulle teen alle verwagting­e oorleef het – is Amy terug na haar man en dogter. Die soen laat haar met vrae: is dit wat sy regtig wou doen of het sy Jonah gesoen uit vrees dat sy gaan sterf?” Die skepper van Superstore, Justin Spitzer, sê: “Dis beslis ’n reusestap vorentoe [vir Amy en Jonah se seksuele spanning]. Jy kan nie daaroor stry nie. Ons het soveel tyd bestee om hul verhouding te laat prut, ons wou ’n reusespron­g vorentoe neem ná twee seisoene van heen en weer.”

GROOT PRET

En moenie dink jy het al alles gesien in die reeks nie. Hierdie derde aflewering handel oor dinge soos geraamtes in die muur, ’n babaverras­sing, en ’n werker wat lieg oor stout wees in die winkel net om soos een van die span te voel. En daar’s ’n herhalende tema vir Amy en Jonah – hulle klou aan mekaar vas soos ’n vlieg en daardie aaklige klewerige stof op vlieëpapie­r. Hulle het hierdie aan-af-liefde-haat-band wat sedert seisoen 1 aankom en dit gaan sterker word, want America en Ben het baie tyd saam agter die skerm deurgebrin­g. Nee, nie só nie – hulle het albei episodes in seisoen 3 geregissee­r en het mekaar wenke gegee oor wat om te doen en wat om te vermy en hoe om hul geleenthed­e agter die kameras ten beste te benut. “Dit was pret want dit was die tweede keer dat ek ’n episode geregissee­r het. Ek het gesteun op die mense om my wat ek vertrou en my goed kon laat voel wanneer ek voor die kamera was, wetende alles agter die kamera is in orde.”

Daar’s ook voor die kameras groot pret, soos in episode 2 wanneer Cheyenne en

Mateo (Nichole Bloom en Nico Santos) hul hartseer veins oor die dood van ’n kollega wat nog nie sedert die tornado gesien is nie, ná hulle ’n vroeë middagete geneem en die storm vrygesprin­g het. Nou moet hulle by hul vriend wat toe springlewe­ndig is witvoetjie soek en hom oortuig hulle is almal beste vriende. Plus, die werknemers van Cloud 9 ontdek ’n dooie ou in die muur in episode 5 – Sal, ’n grillerige werknemer, se liggaam is agter ’n stapelmuur vasgevang. Hulle word gevra om nie aan die lyk te raak voor die lykskouer daar is nie. Glenn se pogings om die ontbindend­e lyk weg te steek misluk want die klante dink dit is ’n Halloween-versiering.

 ??  ?? Jonah en Amy voel ongemaklik ná hul soen, maar hulle skeer nog gek by die werk by Cloud 9.
Jonah en Amy voel ongemaklik ná hul soen, maar hulle skeer nog gek by die werk by Cloud 9.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa