TV Plus (Afrikaans)

Onskuldige flirtasie?

Tim verloor belangstel­ling in sy verhouding met Danni flankeer te veel met Izette.

-

Die argitek Tim (Marco Spaumer) speel met vuur! Sy onskuldige flirtasie met sy nuwe kollega, die eiendomsag­ent Izette (Shana Mans) by Suidooster-Eiendomme (SE) raak baie gevaarlik, en Tim is te oorweldig deur Izette se sjarme om dit stop te sit. Tim se meisie Danni (Vashti Prins) het geen idee van haar kêrel se ontrouheid nie, maar dinge is al ’n ruk lank krapperig tussen die paartjie wat Danni aanvuur om ’n ultimatum aan Tim te stel.

STOUTE BOODSKAPPE

“Tim dink nie helder as dit by Izette kom nie,” sê Marco. “Dit help ook nie dat sy verhouding met Danni in troebel water is nie, want dit maak hom vatbaarder vir Izette se aandag.” Die twee stuur oor en weer boodskappe, maar Tim vee dit uit wanneer sy gewete hom begin pla en om seker te maak Danni sien dit nie per ongeluk raak nie. “Dit lyk dalk soos onskuldige boodskappe, maar as jy tussen die reëls lees, is dit duidelik hulle maak eintlik ogies vir mekaar.”

DIE PASSIE NEEM OOR

Tim probeer dinge tussen hom en Izette profession­eel hou. Maar op ’n skemerpart­ytjie vir SE se kliënte is Tim en Izette die laaste twee om huis toe te gaan. Die pas- sie neem oor en hulle vry mekaar voos! Marco sê Tim voel soos ’n stout kind. “En tog is daar ’n deel van hom wat méér wil hê, al weet hy dis verkeerd.”

’N ULTIMATIUM

Intussen voel Danni Tim onttrek hom aan haar, maar dan verras hy haar met ’n reusebos blomme – natuurlik uit skuldgevoe­lens – en sê dis iets spesiaals vir die meisie in sy lewe. Danni dink alles tussen hulle is reg en probeer hom later sommer op kantoor verlei om vir die blomme dankie te sê. Maar Tim verwerp haar weer en dit laat haar besef iets is nie pluis nie. “Danni stel aan hom ’n ultimatum,” sê Vashti. “Sy eis dat hy vir haar sê of hy nog ernstig is oor hul verhouding, want as hy nie is nie moet hy nie haar tyd verder mors nie.” En al oortuig Tim haar dalk nog van sy liefde, is daar die affair waarvan Danni nog nie weet nie.

 ??  ?? Tim knyp die kat in die donker met Izette.
Tim knyp die kat in die donker met Izette.
 ??  ?? Tim soen Izette passievol.
Tim soen Izette passievol.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa