TV Plus (Afrikaans)

DIE RES VAN DIE VERDAGTES

-

In sepiestyl is dit nie altyd die voor die hand liggende persoon wat die moord gepleeg het nie. Hier is nog karakters wat Adler in sy graf kon help:

Conrad Bester (Hykie Berg), At se seun, het Adler se lyk in Adler se kantoor gekry, maar wie sê die vind van die lyk was nie beplan nie? Conrad en Delia het onlangs ’n verhouding aangeknoop en toe Conrad uitvind Adler het Delia gewurg tydens ’n argument, het hy rooi gesien.

Monique Cilliers (Elani Dekker) is Annelize se suster en Adler is ook haar biologiese pa. Monique was smoorkwaad toe sy uitvind Adler het niks gedoen om Annelize se mishandeli­ng destyds in die kinderhuis te voorkom nie. Sy en Annelize kon dalk ’n spanpoging aangewend het om Adler te vermoor.

Jax Davids (Kim Syster) het op ’n gala-dinee ’n foongespre­k van Adler gehoor waartydens hy opdrag gegee het dat Delia vermoor word. Om te keer dat Jax iets sê oor wat sy gehoor het, het iemand haar begin agtervolg. Jax het lank in die Kongo gewerk en het die vaardighed­e en krag om te doen wat gedoen moet word wanneer iemand haar lewe in gevaar stel. Die paramediku­s Danny Jantjies (Bradley Olivier) is in ’n verhouding met Jax en wanneer hy hoor haar lewe is in gevaar nadat sy onwetend luistervin­k gespeel het, sal hy tot die uiterste gaan om haar te beskerm. Juffrou Hiemstra, Adler se persoonlik­e assistent, wat ons nooit op die skerm gesien het nie, loop al jare lank met haar baas se geheime rond. Sy weet van al die geraamtes in sy kas en kon dalk net besluit het sy het genoeg gehad.

Tertius Jonker (Reynardt Hugo) is ’n goeie vriend van Annelize, en toe sy hom vertel van Adler wat van alles geweet het wat met haar by die kinderhuis gebeur het, was hy ontstoke. Later, nadat Adler se lyk ontdek is, was daar ’n toneel in Tertius se blyplek waar hy vir sy woonstelma­at Jax gesê het hy is bekommerd oor ’n vriendin – en of hy die regte ding gedoen het . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa