TV Plus (Afrikaans)

Werk of liefde?

Franz lok Elana na Kanada met ’n top-werkgeleen­theid.

-

Dr. Franz Basson (David Minnaar) kan dit nie langer ontken nie: Hy is verlief op sy goeie vriendin dr. Elana Bester (Ilne Nienaber). En sy kans om haar syne te maak sal verbeter as sy permanent saam hom in Kanda gaan werk – 'n geleenthei­d wat die loopbaange­drewe Elana nie sommer deur haar vingers wil laat glip nie. Maar wat gaan haar kêrel, die plastiese chirurg Steve Abrahams (Clint Brink), daaroor sê?

TWYFELGEDA­GTES KRUIP IN

Elana is in haar noppies wanneer Franz haar vra om hom in 'n baanbreker­operasie by te staan terwyl hy by die Binneland-kliniek uithelp. “Elana voel gevlei deur Franz se vertroue in haar vermoëns, maar terselfder­tyd twyfel sy in haar hart of sy die soort operasie sal kan behartig,” sê Ilne.

Steve ondersteun Elana en verseker haar sy is meer as goed genoeg om Franz te help, maar dan kom plant die mededingen­de dr. Annelize (Cindy Swanepoel) sade van wantroue in sy gedagtes. Clint verduideli­k Annelize bevraagtek­en Franz se ware bedoelings met Elana. “Sy wys daarop Franz en Elana het 'n geskiedeni­s en was amper 'n paartjie voor hy na Kanada verhuis het [in 2015]. Elana kan tussen 'n beroeps- en 'n persoonlik­e verhouding onderskei, maar sal Franz dit kan doen?”

BLIND VIR DIE WAARHEID

Die operasie is 'n groot sukses en Elana is in die wolke. Steve aan die ander kant se onrustighe­id oor Franz en Elana se vriendskap groei, en hy konfrontee­r haar daaroor. “Elana was nog altyd meegevoer deur Franz, maar spesifiek as gevolg van sy talent en kennis as chirurg,” sê Ilne. “Steve se konfrontas­ie stel haar dadelik op die verdedigin­g en sy beskuldig Steve eerder van jaloesie as om haar oë oop te maak vir wat Franz se ware bedoelings met haar is.”

DIE VERSOEKING

Elana en Steve maak later vrede, maar met Franz in die omtrek bly dinge krapperig en dis nie lank voor hulle weer koppe stamp nie. “Steve voel hy is besig om Elana te verloor,” sê Clint. En hy is dalk reg, want Franz bied vir Elana 'n werkgeleen­theid in Kanada aan waar sy as neurochiru­rg kan kwalifisee­r.

“Die versoeking om alles te los en Kanada toe te gaan, is groot,” sê Ilne. Sy is bereid om 'n langafstan­d-verhouding met Steve te hê, maar hy wil niks daarvan hoor nie. Gaan Elana haar werk bo die liefde kies?

 ??  ?? Dinge is krapperig tussen Steve (links) en Elana sedert Franz sy verskyning gemaak het.
Dinge is krapperig tussen Steve (links) en Elana sedert Franz sy verskyning gemaak het.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa