TV Plus (Afrikaans)

Tussen twee vure

Lincoln stel die wanhopige Nina voor ’n dodelike ultimatum: maak Gabriel dood of ek vermoor jou seun Obakeng.

-

Die bendekonin­gin en nou tronkvoël Nina (Khabonina Qubeka) het gedink haar probleme sou oornag verdwyn wanneer sy haar aan die polisie oorgee vir haar misdade van die verlede om haar teen haar sakevyand Lincoln (Lindani Nkosi) te beskerm. Maar daar is geen wegkomkans van Lincoln nie want hy treiter haar steeds in die tronk. “Hy besoek haar selfs in haar sel,” sê Khabonina. Hy wil hê Nina moet hom help om sy vyand Gabriel (Aubrey Poo) te vermoor – of hy skiet haar seun Obakeng (Anga Makhubalo). “Haar rug is teen die muur en sy moet instem,” voeg Khabonina by. En Lincoln het sy plan uitgewerk: Hy sal Nina uit die tronk help ontsnap deur die landdros om te koop tydens haar borgaansoe­k. “Lincoln boelie Nina om te wys hy het die oorhand,” verduideli­k die aktrise. Maar al frustreer dit Nina om meer bloed aan haar hande te hê, het sy geen ander keuse nie as sy haar seun wil beskerm.

SAGTE PLEK

“Sy raak waansinnig!” sê Khabonina. Lincoln wil haar slaan waar dit die seerste maak, daarom dreig hy om Obakeng te vermoor. Khabonina verduide- lik om Obakeng as pion in sy speletjie te gebruik was altyd deel van Lincoln se listige plan, want hy blameer Nina vir sy oorlede dogter Nikiwe (Linda Sokhulu) se selfdood in 2017. “Hy’s kwaad omdat Nina Nikiwe met pille bedwelm het wat haar tot op die rand van waansin gedryf het. Lincoln wil Nina verwoes.”

MAG-SKUIF

Nina word uit die tronk vrygelaat en Lincoln gee haar die vuurwapen om Gabriel te skiet. “Sy is jammer sy het ingestem, maar dis nou te laat om kopuit te trek,” sê Khabonina. Lincoln verwag Nina sal vinnig optree en sy stuur ’n uitnodigin­g aan Gabriel en Lincoln om haar te ontmoet. Lincoln besef nie hy het pas vir Nina die oorhand gegee nie. “Sy kan maklik van plan verander en hulle albei skiet,” sê Khabonina.

 ??  ?? Nina se rug is teen die muur en daar is geen wegkomkans nie.
Nina se rug is teen die muur en daar is geen wegkomkans nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa