TV Plus (Afrikaans)

Mej. Onafhankli­k

Nonka doen alles, so as jy nie daar is om haar te help nie, gee pad!

-

Kerk bedags, wulpse danse snags, skool die hele dag en die onderhoud van die gesin met die ekstra bedrywighe­de: Die tiener Nonka Xaba (Thuthuka Mthembu) is te besig en te slim om haar met nonsens op te hou – veral van ouer mense wat hul hande vou en bid wanneer sy in die moeilikhei­d is.

Thuthuka sê: “Die kerk se jeugleier mev. Madlala (Ntombifuth­i Dlamini) krap Nonka om deur haar te vertel ‘gedagtes en gebede’ kan die probleme oplos waarmee mense daagliks worstel. Nonka sê ‘ek gaan doen wat ek moet as dit my broers gaan voed. Hou op om my te oordeel, ek gee nie om wat jy dink nie’. Wat Nonka regtig geleer het is dat niemand jou ken soos jy jouself ken nie.” “Nonka besef haar eie ondernemin­g sal haar aan die gang hou. Sy wil nie op ander mense vertrou omdat sy op so ’n jong ouderdom al so baie deurgemaak het nie. Dis ’n werklikhei­d vir baie kinders wat in KwaMashu grootword.”

DROOM ’N BIETJIE

Maar dis tyd dat Nonka haar ophou kwel en oor haar toekoms begin droom. “Ons sien meer van die familie bymekaarko­m en dit gee Nonka die kans om weer ’n kind te wees en op te hou om haar oor almal te kwel,” sê Thuthuka. “Sy het haarself en haar drome opsygeskui­f om seker te maak almal word versorg. Dit was altyd later! Maar ons gaan sien hoe Nonka vir haarself en oor haarself begin dink. Dit is uiters belangrik, om vooruit te dink, om gedrewe te wees. Drome is hoop.”

EERSTE LIEFDE

Die volgende twee weke is ’n tyd van eerstes – soos Nonka se eerste soen. “Mans is min of meer dieselfde. Hulle dink ’n meisie moet in hulle belangstel omdat hulle is wie hulle is. Maar haar lieftallig­e nuwe kêrel, Nsi

zwa (Sibusiso Shabang), is ’n opregte siel. Hy is bereid om sy waarde te bewys, soos om Nonka met haar huiswerk te help. Hy is haar eerste liefde,” sê Thuthuka. “Ek wou hê hul eerste soen moes onskuldig wees. Dis die belangriks­te ding vir my. Ek wou hê dit moes oulik wees, soos jong liefde, dit is presies wat dit is. Ek wou wys dat hulle dit die eerste keer saam ervaar. Dis opwindend.”

WULPSE WIKKELDANS­E!

Ons het Thuthuka gevra oor fans se “thirst tweets” (hyg-twiets) oor Nonka se wulpse danse. Sy lag en sê sy gee nie om nie as dit is wat mense oor haar eerste groot rol aan die praat kry. “As hulle opgewonde is om Nonka te sien dans, is dit reg! Dit is die punt – om mense opgewonde te maak oor wat hulle van die karakter en waarheen sy op pad is, gaan sien.”

 ??  ?? Nonka aanvaar nie raad van iemand soos mev. Madlala (inlas) nie.
Nonka aanvaar nie raad van iemand soos mev. Madlala (inlas) nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa