TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 18:00

Weekdae e.tv (*194) 13:30 Sondae eExtra (*195) 11:55

-

VERLEDE KEER

Itumeleng se affair met Bernie is onthul, Jack is betrap toe hy met onwettige jagters sake doen, Tiro wou Lelo terugwen van Modise, en die lodge se beeld is vernietig weens ’n geleenthei­d wat uitgerafel het.

27 FEBRUARIE – 1 MAART

Vir Kate is die bos ’n toevlugsoo­rd wanneer die spanning tussen haar en haar man, Tristan, te erg raak, maar ’n dier agtervolg haar. Itumeleng hanteer die moeilikhei­dmaker homself, Bernie is groen van jaloesie wanneer ’n eks van Itumeleng opdaag, en Kate vertel Tristan waar haar hart lê.

4 – 8 MAART

Itumeleng moet ’n besluit oor Lelo neem voor dit te laat is, die Lebones skaar hulle by Marang terwyl sy klaarmaak om haar man se eise in die skeisaak teen te staan, en Lelo is spyt sy het die Tladi-familierin­g in ’n dam gegooi. Jack en Itumeleng stem nie saam oor wat die lodge nodig het nie, en Modise verkrummel onder stres. Tiro sê vir Marang om vir haar kinders te veg, en Itumeleng se verhouding met Bernie rafel uit. Modise reik uit na Zoe vir ’n skouer om op te huil wanneer sy romanse met Lelo gespanne raak, en Tiro het Lelo in sy visier en sal enigiets doen om haar hart te verower.

11 – 12 MAART

Zoe en Modise word die volgende oggend langs mekaar wakker en moet die nasleep van hul seks hanteer, en Lelo het skoknuus vir Modise. Kate is in die verleenthe­id wanneer iemand uit haar verlede by die lodge opdaag, maar daar is meer moeilikhei­d by die besigheid weens ’n personeels­taking.

SPELERS: Amber Van Reenen Amber van Rensburg • Amita Kahn Zakeeya Patel • Ashwin Fernandez Keenan Arrison • Bernie Cupido Faye Peters • Blessing Dlamini Wandile Molebatsi • Diksie Lebone Lele Ledwaba • Isaac Tladi Melusi Yeni • Itumeleng Tladi Shona Ferguson • Jack Van Reenen Tyrone Keogh • Karel Van Reenen Ian Roberts • Kate Van Reenen Milan Murray • Kgosi Rratladi Tladi Sam Phillips • Khumo Lebone Nat Ramabulana • Lelo Sedibe Gail Mabalane • Lindsay Barnes Michelle Bradshaw • Mama Rose Clementine Mosimane • Marang Lebone Connie Ferguson • Modise Tladi Tumisho Masha • Nina Rawson Tessa Jubber • Sarah Van Reenen Josette Eales • Tiro Lebone Putla Sehlapelo • Tristan Van Reenan James Alexander • Zoe Harris Briony Horwitz

 ??  ?? @ETVSA @ETV @ETVONLINE
@ETVSA @ETV @ETVONLINE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa