TV Plus (Afrikaans)

Witwarm Willem

Die Kwêla- veldaanbie­der Willem Botha sukkel soms om die trane terug te hou.

-

Kwêla Seisoen 20 Sondae kykNET (*144) 18:00

Die avontuurlu­stige Willem Botha is die leefstyl-reeks Kwêla (1999-nou) se grootste fan. “Ek kyk die reeks sedert dit 20 jaar gelede begin het. Ek het daarmee grootgewor­d,” vertel die 31-jarige blondekop wat ook bekend is as sanger van liedjies soos Swartskaap (2017) en Klapsoen (2012). Hy het in Junie 2017 as veldaanbie­der by die reeks aangesluit en geniet elke avontuur waaroor hy verslag moet lewer. “Dit is regtig vet pret. Ek leer so baie oor ons land en sy mense. Met elke storie wat ek doen, besef ek net weer hoeveel ek het om voor dankbaar te wees.”

INSPIRASIE

Sommige episodes raak hom diep en hy raak geheg aan die mense wat sy pad kruis. “Een van die stories wat my geroer het, was die episode oor Down Syndrome SA [Augustus 2018]. Die Down-sindroom-kinders is so liefde- vol en lag altyd. Ek moes hard baklei teen die trane.” Hy sonder ook ander gunsteling­e uit, soos toe hy in April 2018 in Kaapstad toebroodji­es gemaak het by ’n nagskuilin­g. Die naaldwerke­n-brei- episode van Januarie vanjaar was ’n groter leerskool as brood smeer, bieg hy. “Ek weet niks van naaldwerk of brei nie, maar ek kan darem nou ’n ry of twee brei.”

HAP EN SKOP

Nie alles verloop volgens plan nie. “Jy kan al die navorsing doen wat die tyd toelaat, maar daar is altyd iets wat verkeerd loop, veral wanneer diere betrokke is.” Die vark- episode In Julie 2018 onthou hy met ’n pyn. “Ek het ’n storie gedoen oor potbelly-varke. Ek het op die grond gesit en terwyl ek besig was met die onderhoud het die vark my van agter af bekruip en my boude gebyt. Ek het my boeglam geskrik.” En dan was daar die volstruisr­yepisode in September 2017. “Ek was vrek bang die groot voël gaan my skop, want ek weet dit kan dodelik wees. Ek was baie op my senuwees, maar die ondervindi­ng om op ’n volstruis te ry sal ek altyd onthou.”

LANG DAE

Opnames is nie sommer woeps-waps nie. “Ons kry gewoonlik al die inligting ’n week of twee voor die tyd. Ek sal baie lees oor die storie en Google vir meer inligting. In die onderhoud is die belangriks­te ding vir my om te luister na wat die persoon sê. As jy regtig luister en belang stel, kom die vrae en inligting natuurlik.” Opnames duur ook lank. “My en die span se dag begin gewoonlik so 08:00 en eindig teen 16:00 – en dit alles vir ’n insetsel van net agt minute.”

SY TAAL

Hy is bekend vir sy roltong-brystyl van praat. “Toe ek op skool was, was ek selfbewus oor my bry en ander mense het my ook daaroor geterg. Ek het aanvanklik geweier om in Afrikaans te sing omdat ek nie brei as ek in Engels sing of praat nie. Soos ek ouer geword het, het ek besef dis iets wat my uniek en anders maak. Vandag is ek baie gemaklik daarmee.”

SPIERTIER

Willem is baie ingestel op sy liggaamsbo­u. “Ek het gehoor mense verwys na my as ’n spiertier, en ek aanvaar dit as ’n kompliment.” In 2018 het hy ’n gesonde eetplan begin volg. “Ek het alle stysel en suiker gedurende weekdae uitgesny.” Maar met Kwêla is dit nie altyd so maklik om daarby te hou nie. “Tydens opnames word ons lekker met kos bederf, en ek sukkel om nee te sê, so dan eet ek maar alles. Daarna suffer ek weer in die gim!”

 ??  ?? Willem Botha is nie bang vir harde werk nie.
Willem Botha is nie bang vir harde werk nie.
 ??  ?? Willem Botha wys sy slag op 'n volstruis se rug.
Willem Botha wys sy slag op 'n volstruis se rug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa