TV Plus (Afrikaans)

Yskaskos in ’n kits

Daar is meer aksie agter die kameras as voor die kospotte in die kookreeks KosKaskena­des.

-

KosKaskena­des Seisoen 2 Woensdae SABC2 (*192) 19:00

“Daar is altyd iets wat verkeerd loop tydens opnames,” bieg KosKaskena­des (2017-nou) se vrolike sjef en kosstileer­der Caro Alberts. “Die weer is altyd die groot duiwel. As ons buite- episodes wil opneem, dan waai die wind of dit sous behoorlik, en dan moet ons vinnig ’n ander plan maak.” ’n Maand gelede was die span in Pre- toria vir ’n pa- en- dogter- ete en hulle het ’n lieflike buite-atmosfeer geskep, “en net toe ons wil begin skiet, val die water. Ons moes vinnig alles in die huis invat en van voor af opstel. Om dinge op te kikker, het ek ’n skêr gegryp en in die tuin blomme en plante afgesny om die huis te versier,” lag die 29-jarige Caro.

GEBRUIK WAT IN DIE KOSKAS IS

In die reeks vaar Caro gaste se huise in en maak liplekker geregte met bestanddel­e wat reeds in die persoon se yskas of koskas is. Voor elke opname maak vier van die 12 spanlede seker alles is reg in die kombuis en dat daar darem bestanddel­e is waarmee hulle iets kan doen. “Ons voeg niks by nie, want ons werk met die kos wat in die gaste se kaste is. Die span plak voor die tyd handelsnam­e toe omdat dit nie gewys mag word nie, en verwyder enige snaakse kosse waarvan die gebruiksda­tum al verval het. “Dit word alles ná die opnames weer teruggesit,” verseker Caro.

OPNAMES

Episodes word reeds ’n dag voor die tyd beplan. “Ek besluit op die tema vir die episode en probeer dit afwissel met mense van verskillen­de ouderdomme en kulture.” Baie van die gaste is eintlik van Caro se familie en vriende by wie se huise die episodes geskiet word. “Ons het net ’n sekere begroting en kan nie sommer deur die hele SuidAfrika reis nie.”

Ander gaste word op die reeks se Facebook-blad gekies. “Daar is baie interessan­te mense wat ons kontak. Die span volg dit op en kyk of hulle geskik is vir ’n episode.” Dit duur agt tot nege uur om een episode op te neem. “Ek is al gewoond daaraan om net met vier uur se slaap klaar te kom want dit duur lank om tot by die gaste se huis te ry, op te stel, te verfilm, op te pak en terug te ry.”

O GITS!

Daar was nog net een ongelukkig­e voorval. “Ons was besig met opnames by Hartebeesp­oortdam buite Pretoria vir seisoen drie wat later vanjaar uitgesaai word. Ek het ’n kitsresep vir pannekoek gemaak met die minimum bestanddel­e. Dit was ’n buite- opname en ek het die pan met olie op die gasstofie gesit en dit aangesteek en vergeet daarvan. Toe ek die pannekoekm­engsel in die pan gooi, spat die olie op die oop vlam en die hele stofie slaan aan die brand. Gelukkig was die span vinnig om die vuur te blus. Ongelukkig het die pannekoek in die slag gebly.”

MY YSKAS

“Mense gaan dink ek is baie boring as hulle in my yskas moet krap,” lag die sjef oor wat in haar eie yskas beskikbaar is. “Ek is baie gesondheid­sbewus en daar is net gesondheid­sade en spesialite­itmelk soos rys- of sojamelk in my yskas.” Maar sy bieg: “Soms wens ek ek kon van die biltong en vleise wat in gaste se yskaste is vir mysself vat!”

 ??  ?? Bobaaskok Caro Alberts doenig in die kombuis.
Bobaaskok Caro Alberts doenig in die kombuis.
 ??  ?? Caro het altyd ’n rooi gereedskap­kis met goed soos tou en gom wat sy gebruik as sy iets wil opdollie.
Caro het altyd ’n rooi gereedskap­kis met goed soos tou en gom wat sy gebruik as sy iets wil opdollie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa