TV Plus (Afrikaans)

Kupido se stem van rede

Van roosseremo­nies tot emosionele ondersteun­ing aan die bachelor – Jason Greer is uitgeknip vir die werk as aanbieder van The Bachelor SA.

-

The Bachelor SA Seisoen 1 Donderdae M-Net (*101) 19:00

Dit was nie ’n groot storie nie toe Jason Greer gevra is of hy daarin sou belangstel om die realiteits-datingreek­s The Bachelor SA (2019-nou) aan te bied. “Dit was ’n weergalmen­de ja toe hulle vra of ek ’n filmtoets sal doen. Gelukkig het die filmtoets goed afgeloop want, wel . . . ek’s die aanbieder!” sê Jason met ’n ondeunde glimlag. “As aanbieder is dit my verantwoor­delikheid om die skemerkelk­onthale in te lei, met die reëlings vir die groepdates te help, emosionele ondersteun­ing aan Lee [Thompson, die bachelor] te verleen, en toesig te hou oor die roosseremo­nies.”

Hoe lank duur dit om roosseremo­nies te skiet? In die begin was dit nogal uitputtend. Die roosseremo­nies en skemerkelk­onthale kan net saans verfilm word en met 20-plus vroue om mee te praat, rose uit te deel en te groet, het ons soms eers die volgende oggend 04:00 klaar geskiet. Hoe lank voor die tyd het jy geweet wie die vroue is? Ek het die vroue eers op die eerste aand ontmoet. Trouens, ek het hulle eers ná Lee ontmoet! Wat was vir jou die grootste verrassing van die reeks, die deelnemers en Lee? Hoe werklik alles en almal was. Jy hoor realiteit is nie altyd realiteit nie, maar ek kan jou verseker alles wat ek gesien het en wat kykers gaan sien, is werklik. Het jy ooit die Amerikaans­e (2000-nou) en Australies­e (2013-nou) weergawes gesien? Ek het albei gesien en was doI oor hoe natuurlik die aanbieders Chris Harrison (The Bachelor USA) en

Andrew Günsberg (The Bachelor Australia) was. Hulle het reeds ’n paar seisoene agter die rug en is vertroud met die formaat, dit verklaar die gemak waarmee hulle die reeks aanbied. Ek hoop om in hul voetspore te volg. Wat is die grootste wanindruk wat jy oor die reeks gehad het? Dat dinge voorgeskry­f word. Ervarings en dinge moet om logistieke redes beplan word, maar die emosies en drama weeg swaarder as enigiets wat kykers dink beplan kon wees. As jy enkellopen­d was, sou jy dapper genoeg wees om aan die reeks deel te neem? Sjoe. Hm, ek is nie seker daarvan nie. Ek dink ek sou baie moeilik tot siens sê aan al daardie vroue op die reis om liefde te vind. Wat kan jy van jou eerste date onthou? Nou gaan ons ver terug in die verlede! Op een van my eerste dates het ons saam met ander mense gaan fliek en tydens die fliek het ek dit gewaag om haar hand vas te hou. Dit is aanvaar, maar teen die einde van die fliek was ons hande so sweterig daar was ’n poel water in die glashouer! Dit het soveel wilskrag geverg om net haar hand vas te hou dat ek dit nie gewaag het om haar ook te probeer soen nie! Ek het stadig begin.

Wat is jou romantiese raad? Wees geduldig. Jou eerste liefde is dalk nie jou enigste liefde nie. Jou hart sal gebreek word, maar tyd heel alles, hoe onmoontlik dit ook al op daardie tyd lyk. En, moet nooit jou maat as vanselfspr­ekend aanvaar nie. Wat is die een ding oor jou wat die kykers die meeste sal verras? Ek is langer as wat dit op TV lyk. Dis die eerste ding wat mense wat my op TV gesien het, sê wanneer hulle my ontmoet. Ek is 1,9 m lank. Het Lee in die laaste episode van die seisoen die vrou gekies wat jy verwag het hy sou? Dis ’n goeie vraag maar een wat in die reeks beantwoord sal word.

• Lees meer op bl. 45.

 ??  ?? Jason Greer steek ’n helpende hand uit in die soektog na liefde.
Jason Greer steek ’n helpende hand uit in die soektog na liefde.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa