TV Plus (Afrikaans)

Toets jou verbeeldin­g

Jacques Bessenger pronk op die kassie as Dwaalster se Stian.

-

Dwaalster Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Jacques Bessenger (39) sê hy wens hy kon skilder, nes sy karakter dr. Stian in die dramareeks Dwaalster (2019-nou). “Ek is kreatief en kan col'lages maak, maar ek kan nie so tower met 'n kwas soos Stian nie,” erken hy.

In elke episode van die reeks skilder Stian een van die inwoners van Maanhaarsd­rif – die fiktiewe dorpie waar dit afspeel. Dit was 'n pluspunt vir Jacques, want dit het beteken hy het alleentyd met elke karakter gehad vir intieme tonele waarin die karakters meer van hulself aan Stian, en dus aan kykers, openbaar. “Dis ongewoon, want in my ervaring speel ek gewoonlik teenoor slegs 'n paar karakters, maar in Dwaalster het ek tyd gehad saam met elkeen. Dis iets nuuts.”

VASGEVANG DEUR DIE TEKS

Jacques erken hy sukkel gewoontlik om al 13 episodes van 'n reeks se teks te lees wanneer hy dit kry. Maar met Dwaalster was dit anders. “Ek was met die intrapslag vasgevang en kon dit nie neersit nie. Dwaalster toets jou verbeeldin­g en dis presies wat ek ervaar terwyl ek die tekste gelees het.” In die reeks speel Jacques weer teenoor die aktrise Tinarie van

Wyk-Loots wat die joernalis Annabel en Stian se voormalige liefie speel. In die onlangse dramareeks Fynskrif (2018nou, nog beskikbaar op Showmax) was Tinarie en Jacques die getroude paartjie Lara en Jaco.

“Tinarie is vreesloos,” sê Jacques. “Die manier hoe sy toneelspee­l is inspireren­d. Sy is boeiend, intelligen­t, dis groot pret om rondom haar te wees, en ons kom goed oor die weg.” Jacques beskou dit as 'n pluimpie om teenoor haar in Fynskrif en Dwaalster te speel en hy sien uit na die opnames van Fynskrif se seisoene 2 en 3 later vanjaar.

VERJAARDAG

Op 6 Februarie het Jacques sy 39ste verjaardag gevier en sê hy is nie bang vir die groot 40 wat om die draai lê nie. “Daar was 'n stadium dat ek 'n bietjie benoud was daaroor, maar ek het 'n punt bereik waar ek vrede daarmee gemaak het. Ouer word is 'n natuurlike proses, en al weet ek nie wat die lewe nog oor my pad gaan stuur nie, is ek reg daarvoor en verwelkom dit met ope arms.”

Hy sê hy is nie spyt oor enige van sy lewenserva­rings, of sy besluit om akteur te word nie. “Ek gaan nie doekies omdraai nie, daar was moeilike tye maar ek dink as ek spyt sou wees oor iets, sou dit wees omdat ek nie die kans gewaag het om 'n akteur te word nie. As ek enige ander werk soos kantoorwer­k moes doen, sou dit by my spook dat ek nie die vermaaklik­heidsbedry­f betree het nie.”

STERRE IN SY OË

Jacques se heel eerste TV-rol was as Mossie, 'n jong dwelmslaaf in die dramareeks Song Vir Katryn (2003-2004). Hy dink met heimwee terug aan sy tyd op die stel en onthou hoe oorweldig hy gevoel het. “Ek het daar opgedaag met sterre in my oë en gevoel ek speel teenoor Hollywood-bekendes met akteurs soos

Marius Weyers (Koert Adler in Vloeksteen 2012-2015) en Valiant Swart (sanger en aanbieder van Mooiloop! 2013-2014). Dit was 'n ongeloofli­ke ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.” Jacques sê hy stel ook belang om agter die skerms betrokke te raak. “Ek sal graag saam met 'n produksieh­uis wil werk en 'n kortfilm vervaardig.”

Hy sê as hy terugkyk op sy lewe kan hy dit in een woord opsom: oorvloed. En ons hoop hy ervaar in die toekoms nog baie daarvan.

 ??  ?? Jacques Bessenger, Dwaalster se Stian, die dokter wat graag skilder.
Jacques Bessenger, Dwaalster se Stian, die dokter wat graag skilder.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa