TV Plus (Afrikaans)

Vindingryk­e Murdoch

Murdoch Mysteries is terug om ’n vernuftige kinkel aan die geskiedeni­s te gee . . . en moordsake op te los.

-

Murdoch Mysteries Seisoen 12 Dinsdae ITV Choice (*123) 20:00 (begin 5 Maart)

Seisoen 11 van die Kanadese historiese polisiedra­ma Murdoch Mysteries (2008-nou) het geëindig met die vindingryk­e speurder William Murdoch (Yannick Bisson) en sy lykskouerv­rou Julia (Hélène Joy) se tranedal-reünie ná ’n hele episode weg van mekaar weens haar miskraam. Wanneer die reeks terugkeer is daar ’n tydsprong onthul die uitvoerend­e vervaardig­er Peter Mitchell. “Ons gaan drie maande later voort sodat ons vars kan begin terwyl ons nabetragti­ng hou oor wat verlede jaar gebeur het. Ons het ’n idee Julia en Murdoch kan saam ’n boek skryf (episode 11), daar kan interessan­te verwikkeli­ngs wees in die Brackenrei­d-huishoudin­g (episode 9), en huwelikskl­okke gaan inderdaad lui vir Henry Higgins (Lachlan Murdoch) (episode 3). Ons kan die argitek Frank

Lloyd Wright (Aaron Poole) (episode 1) inbring, ’n paar historiese figure wat ons nog nie gesien het nie en ’n paar wat ons gesien het.”

DIE MURDOCH VAN UITVINDING

Murdoch Mysteries is ’n kombinasie van misterie en Victoriaan­se geskiedeni­s. “Hulle het dinge nagevors wat in die tyd in Toronto en oral in die wêreld gebeur het,” sê Hélène – en dis steeds die onbeskaamd­ste steampunk-geïnspiree­rde TV-reeks. Die uitvinding­s is alles. Ons sal seisoen 8 se taser-soort skokstok die Weaponised Capacitor nooit vergeet nie. In episode 1 die seisoen het Murdoch (wat altyd sy tyd vooruit is) ’n kasgrootte mikrogolfo­ond ontwikkel wat tot ’n taaierige einde kom. Dis ’n prettige teruggryp na ’n vroeëre oomblik in seisoen 3 se slotepisod­e (2010) toe konstabel Crabtree ’n hele vertrek vol mikrogolfb­estraling voorgestel het om konfyt te kook.

Buiten om die pionierarg­itek Frank Lloyd Wright aan te stel om sy huis te bou gaan Murdoch ook magte saamspan met die (ware) gek geniale uitvinder Nikola Tesla (Dmitry Chepovetsk­y) in episode 13 wanneer ’n man vermoor word wat met onsigbaarh­eid eksperimen­teer. Dit lei daartoe dat Murdoch en Tesla saam televisie uitvind. Maar tot hulle hul TV op die mark kry sal fans tevrede moet wees met Murdoch en Julia se boek. Wanneer dit in episode 16 gepublisee­r word, begin ’n geesdrifti­ge fan die moordtonel­e herskep as ’n na-apermoorde­naar.

 ??  ?? Speurder Murdoch (regs) kyk hoe ’n nabootser sy nuwe roman laat afspeel.
Speurder Murdoch (regs) kyk hoe ’n nabootser sy nuwe roman laat afspeel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa