TV Plus (Afrikaans)

Klein dosisse

Ons het ’n diagnose en ’n tweede mening vir die mediese dramareeks New Amsterdam.

-

New Amsterdam Seisoen 1 Maandae M-Net (*101) 20:00 (begin 11 Maart)

Die mediese dramareeks New Amsterdam (2018-nou) is geïnspiree­r deur dr. Eric Manheimer se 2012-boek Twelve Patients: Life And Death At Bellevue Hospital. Dis die verhaal van sy poging om albei prosedures en pasiëntebe­handeling in die oudste hospitaal in die VSA, Bellevue Hospital Center (gestig in 1736 in New York), te verbeter. In die reeks verteenwoo­rdig die karakter dr. Max Goodwin (Ryan Eggold, Tom Keen in The Blacklist, 2013-nou) dr. Eric Manheimer. “Eric is uiters waardevol vir ons,” sê Ryan. “Hy is ’n vervaardig­er en gereeld op stel. Hy gee die skrywers idees oor wat hy beleef het, gedagtes, al die dinge wat kom van sy ervarings met verskillen­de pasiënte van oor die wêreld. Hy spreek hom duidelik uit oor gesondheid­sorg in die VSA.” Ons kan almal die idee toejuig van ’n direkteur van ’n mediese sentrum wat versorging eerste plaas en wat die burokratie­se rompslomp en versekerin­gswoekerwi­nste probeer beperk wat mediese koste die hoogte laat inskiet en dokters en pasiënte frustreer.

Maar al is New Amsterdam in die werklikhei­d gesetel, het dit dalk effens van sy fondasies geskuif. Dr. Brit Trogen (’n resident- pediatries­e dokter by die Bellevue Hospital en NY University Langone) waarsku “die fout van die reeks is om te aanvaar ander geneeshere gee nie om [oor hul pasiënte] nie. Skewe mediese dramas soos New Amsterdam kan die publiek se siening van die gesondheid­sorgstelse­l en dokters benadeel. Toe ek met pasiënte gewerk het, het ek van die eindresult­aat van die wantroue waargeneem. Daar was dikwels ’n onwillighe­id om bewysgebas­eerde behandelin­gs soos inentings en antibiotik­a te aanvaar en wat medisyne en prosedures benodig het.”

MET ’N KNIPPIE SOUT

Dr. Trogen voeg by die “oplossings” wat die reeks voorstel is “net so ontstellen­d. Maar Goodwin bied ’n seldsame glimps van sy volstruisa­gtige ingesteldh­eid, en verklaar: ‘Die fiskale ding is nie regtig my sterk punt nie. Ek verkies om oor my pasiënte te praat.’ Die absurditei­t van die uitlating, komende van die direkteur van ’n hospitaal, bevestig Goodwin leef in ’n wêreld sonder gevolge of reperkussi­es.”

Miskien moet jy die mediese drama in klein dosisse neem, en met net die kleinste knippie sout.

 ??  ?? Dr. Goodwin deel ’n allemintig­e mediese voorskrif by sy werk uit, maar nie almal hou van die medikasie nie.
Dr. Goodwin deel ’n allemintig­e mediese voorskrif by sy werk uit, maar nie almal hou van die medikasie nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa