TV Plus (Afrikaans)

Married To Medicine

Seisoen 6 Sa. Vuzu (*116) 20:30 & 21:30 Herhalings Wo. 15:00 & 16:00 Realiteit

-

Dr. Jackie Walters het die tweede helfte van die realiteits­reeks Married To Medicine (2013-nou) se seisoen 5 gesnik ná sy verneem het haar man Curtis is ontrou, en het hom die huis verbied. In seisoen 6 (episodes 3 en 4 word vandag herhaal) is dr. Jackie weer in beheer en hulle werk deur hul probleme, wat ’n groot stap is want Jackie het hom drie dae ná sy verneem het hy’s ontrou om ’n egskeiding gedagvaar.

“Ontrouheid . . . Ek het aanvanklik moorddadig gevoel,” sê dr. Jackie. “Dit [om te skei] was nie ’n vinnige besluit nie. ’n Mens is eers getraumati­seer veral ná jy op jou iPad daarvan uitvind.” Sy erken die kameras was af toe sy dit aanvanklik uitvind, want sy was hewig onsteld en ’n pasiënt het boonop vir haar gewag. Die 60-jarige het drie grade – twee BSc- grade van die universite­it van Mississipp­i en die Alcorn Stateunive­rsiteit plus haar mediese graad van die universite­it van Mississipp­i se mediese skool. Nie een van die reeks se spelers is uitvoerend­e vervaardig­ers soos die meeste ander realiteits­reekse nie, maar dit pas Jackie: “Ek is ’n OBGYN [verloskund­ige en ginekoloog], nie ’n TV-vervaardig­er nie.” Sy het twee keer borskanker gehad en het die Women’s Wellness Program in Atlanta gestig, asook die 50 Shades Of Pink Foundation wat mans en vroue met borskanker ondersteun. En al hou sy van haar reeks, verkwalik sy dit vir Curtis se ontrouheid en sê: “Sy openbare persona dra daartoe by. Om op TV te wees laat vroue dink, ‘Miskien het hy baie geld wat ek kan kry.’”

 ??  ?? Dr. Jackie en haar man Curtis is besig om hul huwelik te probeer red.
Dr. Jackie en haar man Curtis is besig om hul huwelik te probeer red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa