TV Plus (Afrikaans)

The Bachelor SA

Seisoen 1 M-Net (*101) 19:00 Realiteit

-

Lee Thompson hoop om sy enkelwoons­tel in Kaapstad te verkoop vir iets beters wanneer seisoen 1 van die realiteits­reeks The Bachelor SA (2019-nou) ná 13 episodes eindig. “Een van die sleutelkri­teria was die Bachelor moes toegewyd wees” verduideli­k Lee. “Toegewyd om ware liefde te vind en dit met kykers te deel. Ek voldoen aan die vereiste. Ek is ’n Suid-Afrikaner met wie kykers hulle kan vereenselw­ig en wat sekere doelwitte in besigheid, my sporten modelloopb­aan behaal het.”

M-Net het ook iemand gesoek wat met selfvertro­ue voor die kamera kan optree en Lee is sag op die oog. Dit was geen probleem vir hom nie, wat ’n span gehad het wat sy dates met die 24 vroue wat hoop om sy hart te verower op video opgeneem het. “Die manier waarop ek dit benader het was om my liefdestor­ie te laat uitspeel terwyl daar kameras was gedurende verfilming. Ek is steeds dieselfde Lee, 100% outentiek en met selfvertro­ue.”

Nog iets wat eg is, is Lee se interaksie met die vroue wat vanaand voortgesit word wanneer hy op meer eerste afsprake gaan. “Die span hou die vroue se inligting geheim, want hulle wil hê die eerste ontmoeting­s moet eg wees. Hulle het my verseker hulle is ’n groep pragtige en bekwame vroue,” sê hy met ’n glimlag. “Die eerste aand was senutergen­d maar opwindend en pret.” Ons is by episodes 3 en 4 en terwyl Lee se gesig rustig is, was dit vir hom sleg om nie ’n roos aan sommige vroue te gee ná hul date nie, sê die 31-jarige. “Ek’s gewoonlik in beheer. Soos kykers sal sien het my emosies ’n paar keer die oorhand gekry en [die aanbieder]

Jason Greer moes my troos.” • Lees meer op bl. 34.

 ??  ?? Hou Lee dop by die roosseremo­nies.
Hou Lee dop by die roosseremo­nies.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa