TV Plus (Afrikaans)

Devious Maids

Seisoen 4 e.tv (*194) 22:00 Drama

-

Evelyn Powell is diabolies wonderlik as die ergste madam om voor te werk in die prettige dramareeks Devious Maids (2013-2016) en Rebecca Wisocky sê dit is daardie boosheid wat haar karakter so gewild maak onder fans: “Ek het verwag mense sou van die karakter hou, want sy en haar man Adrian is tragies pragtig, om ’n jong kind te verloor en in die woedende, buite beheer skurke te ontaard wat in die herehuis langsaan bly. Dis pure genialitei­t van ons skryfspan, jy wil graag die Powells haat.”

Die wrede, koue, gevoellose Evelyn is nie ’n eenmalige karakter vir die 47-jarige nie, wat sê: “In die teater kry jy nie ’n sterker hoofrol as die van Lady Macbeth nie, daarom het ek nooit geweier om haar te speel nie.” Rebecca het altyd beplan om aktrise te word, maar het seker gemaak sy is eers opgelei. Sy het drama aan die Pennsylvan­ia Governor’s School For The Arts studeer en haar BA-graad aan die New York University Experiment­al Theatre Wing in 1993 behaal. Sy verdeel haar tyd tussen Los Angeles en New York, maar nie vir haar werk nie – haar man Lap Chi Chu is ’n Broadway-teaterbeli­gtingsontw­erper wat ook tussen LA en NYC pendel. Rebecca drink nie baie nie, maar haar gunsteling­drankie wanneer sy uitstedig is, is ’n bourbon Manhattan. Tuis is dit whiskey en ys. Weeklikse jogasessie­s gee haar die liggaam vir haar ander verleiding: suikerige botterkoek­ies wat Rebecca sê sy “aldag, heeldag” kan eet. Wat TV-bloosplesi­ertjies betref, is sy ’n groot fan van die volwasse tekenreeks South Park (1997-nou).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa