TV Plus (Afrikaans)

Shades Of Blue

Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

Die assistent- distrikspr­okureur James Nava in die aksiereeks Shades Of Blue (2016-2018) sou ’n ding of twee kon leer by die man wat hom speel, Gino Anthony Pesi, wat onder die “dekmantel” werk vir sy spesiale ondersoek. In 2013 het sy gesondheid getaan en hy was gereeld in die hospitaal. “Dokters het gesê dit was die ouderdom, maar ek was 32. Hulle het nie my groeihormo­ne laat toets nie en ek moes vir my eie laboratori­umwerk betaal. Ek het my dokter gaan spreek en hom vertel wat ek dink ek het en ek was reg,” sê die 38-jarige.

Gino het ’n gewas in sy pituïtêre klier wat hom uitgeput het en net met senuweesny­kunde verwyder kon word. Gino laat tweejaarli­ks toetse doen om te kyk of daar veranderin­gs is. Anders as sy karakter gaan hy elke dag sy sosialemed­iarekening­s na. Gino bestuur ook self sy Facebookbl­ad, wat nie baie akteurs doen nie. Op hoërskool wou hy profession­eel bofbal speel, maar het besef hy is nie goed genoeg nie toe hy uit die derde span weggelaat is. “Dit was nie ’n verrassing nie,” sê Gino. “Jy het dit of jy het dit nie. Dieselfde geld toneelspel. Ek kla nie oor my talente nie.” Die akteur is byna van die stel van sy eerste toneelrol af geïntimide­er – hy moes sy woorde voor minstens 100 ekstras in die aksiereeks CSI: Miami (2002-2012) sê en het gedink almal beoordeel hom! Die rol waaroor hy die meeste verleë is, is die Body-Builder Guy in die laebegroti­ngs-TV-fliek van 2006 More, Patience wat Gino erken hy net vir geld gedoen het: “Lyk ek soos ’n gim-ou wat om 03:00 al besig is met gewigte? Dit het kos op my bord gesit, daarom het ek dit gedoen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa