TV Plus (Afrikaans)

Magnum, P.I.

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:00 Aksie

-

Los Angeles is so na aan Hawaii as wat jy in TV-land kan kry danksy die palmbome, wit sandstrand­e en tropiese gevoel. Maar Jay Hernandez het die ware Jakob gekies as die private speurder Thomas Magnum in die 2018-weergawe van die 1980’s se aksiereeks wat deur Tom Selleck beroemd gemaak is en hy is dolgelukki­g, want “ons werk in Hawaii. Dis soos ’n werkvakans­ie. Ons skiet klaar en drink drankies op die strand. Dis die lewe!”

Die 40-jarige akteur is in Kalifornië gebore en getoë en surf sy hele lewe lank, want hy beskou dit as die beste oefening. Hy was amper ’n motorwerkt­uigkundige soos sy pa, Javier Hernandez sr., maar ’n talentsoek­er het hom oorreed om dramaklass­e te neem terwyl hy op hoërskool was. Jay het sy vrou, Daniella (Atlanna in die 2006-animasiere­eks Aquaman), op stel ontmoet toe hulle in 1995 aan tienersitk­om Hang Time (1995-2000) gewerk het. Hulle is in 2006 getroud. Hoewel hy gruwelflie­ks haat – hy’s bang vir die donker – was Jay al in ’n paar van hulle, soos die 2005-mesfliek Hostel en 2007 se Grindhouse. Hy het ’n prosteties­e pruik van die hand gewys vir sy rol in die 2016-strokiespr­entfliek Suicide Squad, en verkies om sy kop kaal te skeer as die brandweerm­an

Hy sal nie vir die vervolgfli­ek terugkeer nie omdat sy karakter dood is en Magnum, P.I. vir ’n seisoen 2 hernu is. Jay is ’n bietjie van ’n smulpaap wanneer hy tuis is en maak volgens hom “’n heerlike liggeroost­erde steak en eruca-slaai met Suid-Afrikaanse wyn”.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa