TV Plus (Afrikaans)

Making A Model

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Realiteit

-

Yolanda Hadid weet waarvan sy praat as aanbieder van die realiteits­reeks Making A Model (2018-nou), want sy het die loopplank as ’n beroepsmod­el bemeester en weet wat dit verg om van jongs af suksesvol te wees. Haar seun, Anwar (19), en dogters Bella (22) en Gigi (23) is almal ook in die bedryf. Maar daar’s baie wat jy nie oor die voormalige loopplankk­oningin weet nie, soos een van haar gunsteling-vakansiepl­ekke, wat baie nader is as wat jy dink . . .

Die 55-jarige is Nederlands en haar geboortena­am was Yolanda Johanna Jacoba van den Herik. Sy is in 2011 met die filmkompon­is David Foster getroud nadat sy in 2000 van die eiendomson­twikkelaar Mohamed Hadid geskei is ná ses jaar en drie kinders. Sy het haar naam na Yolanda Hadid verander nadat sy in 2017 van David geskei is. Yolanda was as tiener ’n deeltydse modemodel en is per ongeluk internasio­naal raakgesien. Sy was ’n plaasverva­nger vir die ontwerper Frans Molenaar se vertonings en is deur Eileen Ford, medestigte­r van die modelagent­skap Ford Models, opgemerk en ná die vertoning gewerf. Sy het in Januarie vanjaar al haar plastiese chirurgie ongedaan laat maak en ander skoonheids­truuks laat verwyder, van borsvergro­tings en lipvullers tot haarverlen­gstukke. Sy het op instagram gesê: “Dit het lank geduur om my slegte keuses om te keer. Ek het die vryheid van innerlike skoonheid.” Sy het amper ’n dekade lank aan Lyme-siekte gely – liggaamlik­e verswakkin­g weens ’n luisbyt. En Yolanda het as model op Kaapstad verlief geraak waar sy dikwels kom vakansie hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa