TV Plus (Afrikaans)

The Walking Dead

Seisoen 9B FOX (*125) 20:45 Sci-fi

-

Dan Fogler is een van die nuwelinge vir die tweede helfte van The Walking Dead (2010-nou) se negende seisoen as die oorlewende Luke. Hy is goed vertroud met die fantasie-genre – hy was Jacob Kowalski die bakker in 2018 se Harry Potter-splinterfl­iek Fantastic Beasts: The Crimes Of Grindelwal­d. “Ek is mal oor hierdie twee karakters. Hulle verskil hemelsbree­d maar wat hulle doen, waar hulle vandaan kom en waarheen hulle gaan, is so betowerend.”

Wie is Luke? Die eerste helfte van seisoen 9 het geëindig met die nuwe groep oorlewende­s wat deur die groep verwelkom word . . . Ek hou baie daarvan dat die groep saam met wie hy reis hom verstaan en hulle begryp wat hy doen is uit hoop en liefde vir die mensdom. Daardie gees is aansteekli­k. Hy’s ’n voormalige hoërskool-musiekonde­rwyser en hy weet dis veiliger in ’n groep. Op watter vlak verbind jy met hom? Ons het dieselfde soort dialoog en taal. Ek is nader aan hom in die wêrelde waarin ons leef – Jacob was in die verlede, Luke is meer in die hede. Saam met jou groep word ons ook aan The Whisperers voorgestel. Chaos kom in ’n ander gedaante. Hierdie boewe ontwikkel – The Whisperers is ’n nagmerrie. Hulle gaan mense dwing om leiding te neem. Hulle moet terselfder­tyd vra: gee ons om vir The Walkers of die mense? Die mense wat al ’n paar seisoene daar is, sê die weer in Atlanta is hard . . . Die natuur? O, ja – ons is bykans nooit binnenshui­s in die reeks nie. Die weer is sy eie karakter. Jy kan dit nie beheer nie. Laat dit jou meer van filmwerk hou? Dis verskillen­de mediums. Ek is ’n fan van The Walking Dead sedert 2003 toe dit net grafiese romans was, dus is ek in die wolke oor hierdie rol.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa