TV Plus (Afrikaans)

KOMMENTAAR OOR BOLD-KANSELLASI­E

-

Het SABC3 nou heeltemal die bal misgeskop? Dit is so ’n goeie sepie. Hulle kon eerder ’n ander program verwyder het. Ai, tot siens, Brooke. – ELIZMA, SMS

Dit is ’n slegte skuif van SABC3. Ek gaan die sepie mis, veral Ingo Rademacher as die nuwe Thorne. Hy’s ’n goeie akteur. – ANDREW HARRIS, E-POS

Hayibo, niks meer Brooke nie. – @LEBZA_F, TWITTER

Oumas van oral gaan protesteer! Ek weet myne sal. Geen meer Brooke Logan nie? Verdomp. – @BUHLEBONGA, TWITTER

Waarom staak SABC3 ’n goeie sepie soos Bold? Hoekom verwyder julle nie die vervelige Top Billing nie? – JENNY, FACEBOOK

Ek is bly Bold sluit sy deure. Dit was ’n oninteress­ante sepie. – @AYANDAJACK­ZA, TWITTER

Wat ’n jammerte van Bold! Nou sal ek nie Taylor se skokkende terugkeer na die sepie sien nie. – @UNATHAY, TWITTER

Verkeerde besluit. Hulle moes Trending SA of #WTF TUMI gestaak het. – NONTLE, FACEBOOK

’n Baie ryk program wat gekanselle­er word, wat ’n teleurstel­ling! Ek het regtig van Bold gehou. – ERIC, SMS

As SABC3 Bold los, moet hulle High Rollers terugbring. Dit was ’n goeie plaaslike produksie. – LESSON, FACEBOOK

’n Les van Bold wat ek geleer het, is ’n mens kan op enigeen verlief raak, al is dit jou stiefseun of skoonpa. – PRECIOUS, FACEBOOK

En wat van die Steffy-en-Billswange­rskapstori­elyn? Hulle gaan kykers laat wonder. Ek dink nie dis regverdig nie. – BETTIE, SMS

Wat is fout met die 7de Laan-skrywers? Die hele storielyn raak nou nes ’n kleutersko­olkonsert. En Aggie moet haar eie lewe lei, want sy is gans te behep

met ander mense se lewe. – RT, SMS

Tot siens, 7de laan. Julle is siek en ons verlaat julle. – CC, E-POS

Kan daar nie van 7de Laan ontslae geraak word nie? Al herhaal SABC2 ou reekse, solank dit net nie 7de Laan is nie. – PETRO, SMS

Dis tyd dat Olivia in 7de Laan haar tasse pak en vertrek. Sy het te lank gebly. – @RAYYANNIE, TWITTER T

Diederik se MIV-onthulling het my uitgeboul. Ek het nooit kon dink dit is wat h hom makeer nie. Sies tog. – SUZY, SMS

Ek neem Olivia nie kwalik oor hoe sy in 7de Laan optree nie. Sy hardloop nie weg omdat haar man MIV-positief is nie. Wat is die doel

van ’n vrou in ’n man se lewe? Hy het vir haar gelieg en die regte redes weggesteek oor hoekom hy hom so swak gedra het. In IT-taal is hy ’n “Untrusted Source”. – MIA, FACEBOOK

 ??  ??
 ??  ?? Katherine Kelly Lang as Brooke Logan in Bold & Beautiful.
Katherine Kelly Lang as Brooke Logan in Bold & Beautiful.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa