TV Plus (Afrikaans)

Jacqueline MacInnes Wood

Hoe werk jou gunsteling-aktrise se kop?

-

Gesinsdram­a vul Jacqueline MacInnes Wood se tyd wanneer sy op die stel van Bold & Beautiful (1987nou, sien bl. 27) is, en om die moeilikhei­dmaker Steffy Forrester te speel is groot pret vir die 31-jarige Kanadees. Terwyl Suid-Afrikaanse kykers nou sien hoe ’n swanger Steffy ’n vaderskapk­risis beleef met haar man, Liam, en skoonpa-minnaar, Bill (Scott Clifton en Don Diamont), is Jacqueline in die regte lewe swanger met haar eerste kind by haar man Elan Ruspoli. “Ek is so besig om vir moederskap gereed te maak ek het nie juis tyd vir TV nie,” sê Jackie. “Behalwe vir The Bold & The Beautiful, natuurlik! Ek haal graag in op vorige episodes omdat ek ’n swangerska­p op die skerm beleef het en nou in die regte lewe ook.”

Wat was die eerste TV-program wat jy saam met

vriende gespeel het? Baywatch (1989-2001). Ons het almal rooi ’n eenstuk-swembroek gehad en gehardloop en geskree “I need backup!” wanneer ons op die strand was. Ek het dit waarskynli­k duisend keer gedoen.

Wie was jou eerste TV-liefling? Jonathan Taylor Thomas, Randy in die sitkom Home Improvemen­t (1991-1999). Hy was ’n skat en sexy en ek het altyd gebloos wanneer ek hom op TV sien. Wat het jy gedoen as ’n “intieme oomblik” opgeduik het wanneer jy saam met jou gesin TV gekyk het? Ek het gesê: “Jig! Hoe walglik!” en na die kombuis gevlug om springmiel­ies te maak. Watter produk wou jy hê sedert jy dit op die kassie gesien het? Velsorgpro­dukte van Pro-Active. Ek het aan aknee gely maar hul produk het my vel laat opklaar. Wie se TV-klerekas wil jy hê? Ek sal nie omgee om al die klere van Bold te hê nie! Ons het ’n hele vloer vir mode en amper alles word daar gebêre. In wie se TV-huis wil jy graag woon? Beslis my karakter Steffy se huis in Malibu, op die strand. Oor watter reeks is jy tans fanaties? Die meeste TV wat ek nou kyk is om Bold se episodes in te haal. Ek was taamlik besig om vir my eerste kind voor te berei. Watter werk agter die skerms sou jy graag wou hê? Beslis redigering. Ek is ’n visuele mens. Ek kan sien hoe ek wil hê sekere skote moet lyk of hoe om ’n toneel uit te speel.

Watter karakter is jou gunsteling-held? Daar is so baie en uit soveel reekse maar ek neig altyd na sterk vroulike karakters. Wat is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel skiet? Werk in ysige temperatur­e. Ek onthou ’n opname in die see in Noord-Kanada in ’n winterige November. Dit was ysig koud! As jy enige karakter in enige reeks kon speel wie sou dit wees en hoekom? Katey Sagal se karakter Gemma Teller in die motorfiets-drama Sons Of Anarchy (20082014). Sy was so intimidere­nd en het ’n motorfiets­bende gelei! Watter reeks en episode het jou

onlangs laat huil? Dit was in Bold en dis waarskynli­k ’n bederfbrok­kie vir die lesers want Suid-Afrika is 18 maande agter ons met uitsending­s. Dit was Annika Noelle se verstommen­de spel toe haar karakter Hope uitvind haar baba is doodgebore. Dis moeilike tonele om te kyk, veral omdat ek nou swanger is. Watter reeks het jou laat besluit om ’n akteur te word? Die tienerdram­a Beverly Hills, 90210 (1990-2000). Ek het daarvan gehou dat dit in die glansryke, warm Los Angeles geskiet is. Dis so wonderlik dat hierdie Kanadees, ek, nou in LA kan werk. Ek kry steeds knyp-myoomblikk­e. Wie is jou gunsteling-TV-ikoon? Betty White (Rose in The Golden Girls, 19851992). Sy het my oumagrootj­ie gespeel in Bold van 2006 tot 2009 en sy’s nie net ’n fantasties­e aktrise nie, maar ook ’n groot diere-aktivis soos ek! En as jy een ding van Steffy kon verander, wat sou dit wees? Sy moet ’n buitestand­er wees en afstand kry van die strikke van haar disfunksio­nele familie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa