TV Plus (Afrikaans)

’n Eerbare man

Stefan aanvaar verantwoor­delikheid vir Louis se dood.

-

Dit was ’n ongeluk. Stefan (Gideon Lombard), die eienaar van Oos-Wesrestaur­ant, het nooit gedink die werklose Louis (Jeremiah Mentor) wat Stefan onlangs onder sy vlerk geneem het, sou sterf en hy indirek daarvoor verantwoor­delik wees nie.

Maar wanneer Louis se vrou Gloria (Linecia MattheeDan­iels) Stefan konfrontee­r oor haar man se dood, besef hy wat hy aangevang het – en hy gaan moontlik ’n duur prys daarvoor betaal.

OPTOG TEEN MISDAAD

Stefan het Louis raakgery op pad na Oos-Wes nadat die sekuriteit­smaatskapp­y hom laat weet het die alarm gaan aanhoudend af. “Op die oog af het Louis net ’n paar skrapies gehad en Stefan het daarop aangedring dat Louis hospitaal toe gaan, maar hy het geweier,” vertel Gideon.

Louis is kort daarna dood en al het Stefan gedink die ongeluk het dalk meer skade gedoen as wat hy besef het, het hy besluit om stil te bly oor sy aandeel. Hy was bang hy kom self weer in die moeilikhei­d want hy het ’n rekord van dronkbestu­ur.

Intussen ruk die nuus van Louis se dood Ruiterbosc­h – almal dink hy was die onskuldige teiken van misdadiger­s. “Stefan se gewete keil hom op oor wat hy gedoen het,” sê Gideon, en Stefan neem dus nie deel aan die protesopto­g teen misdaad wat die raadslid Lee-Ann (Portia Joel) reël nie. Gloria pols Stefan oor sy onbetrokke­nheid, maar hy skryf dit toe aan sy restaurant­verantwoor­delikhede.

LEIDRAAD

Gloria leef ook op straat en is gebroke oor Louis se dood. Wanneer die OosWes-kelner Justin (Eden Classens) vir haar ’n boks vol verlore goedere gee wat in die restaurant rondstaan, vat sy dit skamerig – net om op ’n leidraad oor haar man se vroeë dood af te kom. “Gloria kry Louis se anorak en sien skraapmerk­e met bloed daarop. Duisende vrae gaan deur haar kop en sy begin wonder hoe dit daar gekom het,” sê Gideon.

KONFRONTAS­IETYD

Gloria vra Justin uit oor Louis se anorak en hoor Stefan was die aand voor Louis se verdwyning by Oos-Wes. Gloria konfrontee­r Stefan daaroor, maar hy praat dit gou weg en maak spore. Stefan vertel sy lewensmaat Michelle (Greta Pietersen), wat van die ongeluk weet, Gloria is op die punt om die raaisel te ontrafel. “Michelle is sprakeloos,” sê Greta. “Sy wil hom nie agter tralies sien nie, maar sy ken Stefan en weet hy wil altyd die regte ding doen – al is dit ten koste van homself.”

NEEM VERANTWOOR­DELIKHEID

Gloria besluit om polisie toe te gaan met die inligting wat sy oor Stefan gekry het en Stefan word voor almal in sy restaurant in hegtenis geneem. “Stefan is geskok, maar hy weet hy is in ’n hoek. Hy besef ook ter wille van sy gewete moet hy die waarheid vertel oor wat met Louis gebeur het. Dis die enigste manier hoe hy met homself sal kan saamleef,” sê Gideon.

Stefan bieg by die polisie en vra Gloria opreg verskoning vir die hel waardeur hy haar sit. “Gloria se hart breek vir Stefan, maar sy voel ook bevry noudat sy weet hoe haar man dood is.” Maar sy gaan Stefan dalk nie so maklik daarvan laat afkom nie . . .

 ??  ?? Michelle wil Stefan nie agter tralies sien vir Louis (inlas) se dood nie.
Michelle wil Stefan nie agter tralies sien vir Louis (inlas) se dood nie.
 ??  ?? Michelle besoek Stefan wat ná sy arrestasie in aanhouding is.
Michelle besoek Stefan wat ná sy arrestasie in aanhouding is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa