TV Plus (Afrikaans)

Kyk wie’s terug!

Simoné Nortmann pronk op die kassie in ’n sepie en ’n komedie.

-

Die aktrise Simoné Nortmann (28) het in 2013 harte verower as die rebelse tiener Nadia Croukamp in 7de Laan (2000-nou). In 2015 het sy besluit om die sepie te verlaat en vryskutrol­le aan te pak, maar nou is sy terug in sepieland as suster René Spies in Binnelande­rs (2004-nou). En sy hou nie net haar kollegas in die Binneland-kliniek op hulle tone nie, maar kykers ook.

’N GROOT VERRASSING

Haar rol in Binnelande­rs sou aanvanklik net vir ’n paar weke wees, maar toe word sy ’n jaarkontra­k aangebied. “Dit was ’n verassing,” sê Simoné. “Ek was nie van plan om my weer vas te maak by ’n sepie nie. Maar ek het oor die saak gebid en toe kom die antwoord en ek raak deel van die Binnelande­rs-familie.”

Sy is al sedert September in suster René se skoene, al word die episodes nou eers uitgesaai. “René is ’n rabbedoe, girl next door, run away bride, boheemse vrou,” sê sy en voeg by kykers gaan nog lief raak vir haar.

Ons sien nou nog net een kant van René, maar mettertyd sal ons ’n meer stabiele, sagte kant van haar sien. “Maar daar wag nog ’n paar kinkels in René se storielyn wat die wenkbroue gaan laat lig,” verklap Simoné.

VRIENDE IN DIE BEDRYF

Wanneer sy nie haar lyf verpleegst­er hou nie, is sy ontvangsda­me by die Fransen-hotel in die komedieree­ks Hotel (2016-nou), Maandae om 20:30 op kykNET. Komedie lê haar na aan die hart en sy is kinderlik opgewonde oor die opname van die vierde seisoen later vanjaar. “Toe ons hoor daar gaan nog ’n seisoen wees, het dit vir my ’n gevoel van opgewonden­heid en veiligheid gegee – want dis nog nie die einde nie,” vertel Simoné. “Daar is soveel potensiaal vir elke karakter se storie om verder te ontwikkel en in verskeie rigtings te beweeg. En ek kan nie wag om te sien wat die skrywers gaan neerpen nie.”

 ??  ?? Dr. Jax (links) en suster René het goeie vriendinne geword sedert Rene in Januarie by die Binneland-Kliniek begin werk het.
Dr. Jax (links) en suster René het goeie vriendinne geword sedert Rene in Januarie by die Binneland-Kliniek begin werk het.
 ??  ?? Simoné (regs) as Jony saam met haar vriendin en mede-aktrise Mila Guy – die kelnerin Malanie in Hotel.
Simoné (regs) as Jony saam met haar vriendin en mede-aktrise Mila Guy – die kelnerin Malanie in Hotel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa