TV Plus (Afrikaans)

Baba in die middel

Lehasa weier om te glo Lelo verwag sy kind.

-

As die korrupte sakeman Lehasa (Cedric Fourie) gedink het hy kan sy oudgevange­ne-meisie wat by hom bly Lelo (Amanda du-Pont) soos ’n slegte gewoonte los en hom op die groei van sy restaurant­ryk toespits, moet hy weer dink. “Sy beweer sy is swanger met Lehasa se baba,” sê Cedric, maar sy karakter glo dit nie. Lelo se swangerska­pnuus kon nie op ’n slegter tyd in hul verhouding gekom het nie. Hy oorweeg dit al ’n ruk lank om haar te los ná hul rusies oor sy laataand-ontmoeting­s met sy sakevennoo­t Candice (Liza van Deventer) en “hy gebruik altyd beskerming. Lehasa is nie ’n dwaas nie en hy oorweeg nie eens die moontlikhe­id dat die baba syne kan wees nie,” verduideli­k die akteur. Lehasa dink Lelo maak stories op om te keer dat hy sake doen met Candice.

PROBLEME IN DIE PARADYS

Lelo sal in die moeilikhei­d wees as Lehasa haar uitskop en sy weet dit. Benewens die voordele van ’n pragtige uitsig en toegang tot ’n gim en swembad sal sy haar paroolvoor­waardes verbreek as sy nie ’n geskikte blyplek het nie. “Die owerhede lê roetinebes­oeke af om te verseker sy is in ’n veilige omgewing en bly uit die moeilikhei­d,” sê Cedric. En niemand anders sal haar blyplek gee as Lehasa haar uitskop nie, want sy het die meeste van haar vriendskap­pe vernietig toe sy in 2015 tronk toe is omdat sy haar ekskêrel Kwaito (Clement Maosa) se roman gesteel het. “Lelo wil eenvoudig nie teruggaan tronk toe nie,” sê Cedric.

BABA AAN BOORD

Dis nie dat Lehasa nie kinders wil hê nie, hy wil hulle net nie by Lelo hê nie. “Hy wou altyd kinders hê saam met sy oorlede vrou, Zandile (Matshepho Maleme), wat verlede jaar aan kanker dood is. Hy hou haar eiers bevries by ’n kliniek en hoop hy sal eendag ’n surrogaat vind wat sy en Zandile se kinders sal dra,” verduideli­k die akteur.

HOU BY HAAR STORIE

Lehasa is steeds oortuig daarvan hy is nie die pa nie. En daar is net een ander mens by wie sy kon slaap. “Lehasa konfrontee­r Lelo oor sy hom met Emkay (Mlungisi Mathe) verkul,” sê Cedric. “Hy is die enigste ander ou met wie Lelo tyd deurbring, al sê sy hulle is net vriende. Al is sy verpletter omdat Lehasa haar swangerska­p bevraagtek­en, sal Lelo seker maak hy verbreek nie hul verhouding nie deur met haar storie vol te hou.”

 ??  ?? Emkay (inlas) is by Lelo se rusies met Lehasa ingesleep.
Emkay (inlas) is by Lelo se rusies met Lehasa ingesleep.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa