TV Plus (Afrikaans)

Huis van gruwels

Die naïewe Mary val in ’n put wanneer The Credential sy masker afhaal en onthul hy is tot in sy kern verrot.

-

Middel Februarie, toe

Solo (Anele Situlweni) Lindiwe (Nomvelo Makhanya) se bestuurder

Neo (Jerry Mofokeng Wa Makhetha) nader met die voorstel dat Lindiwe by sy casino optree, het Neo vir hom gesê: “Oor my dooie liggaam! Die meisie is te jonk om nou al by die casino en sy wêreld betrokke te raak.” Hy het dit ook vir Lindiwe gesê, maar sy het agter Neo se rug gegaan en ’n aanbod aanvaar om by Shado se eksklusiew­e privaat klub The Credential op te tree. En waar Lindiwe gaan, gaan haar bestie Mary (Mikateko Hlabangwan­e).

SEKS, LEUENS, VIDEO-OPNAMES

Lindiwe het die regstudent Mary na The Credential gelok met sinspeling­s van die stralende wêreld waar Mary se helde soos haar gunsteling­advokaat gesien kan word en sy na wyshede van invloedryk­e mense kan luister. Maar al die luukshede en sofistikas­ie is net ’n front vir die hekke van die hel. En die grootste duiwel van hulle almal kan Zweli (Khathutshe­lo Ramabulana) wees, die man wat die arme naïewe “maagd Mary” touwys maak vir die val wat haar in Maart diep in The Credential se onderwêrel­d sal intrek – hul seksvideo. Mary is verpletter deur die onthulling dat die man wat haar ’n week tevore ontmaagd het, getroud is en dat sy vrou Mary se eerste seksuele ondervindi­ng sonder haar medewete opgeneem en aanlyn vertoon het. “Hy was die droomman wat haar nooit sou misbruik of haar nooit iets teen haar sin sou laat doen nie. Die seksvideo en dat hy getroud is besoedel alles. Hy’s soos die duiwel vermom as ’n engel,” sê Mikateko.

DAARDIE SINKENDE GEVOEL

Begin Maart sal Lindiwe en kykers sien hoe Mary versleg. “Sy het haarself verloor. Sy kan nie teruggaan huis toe nie, want sy dink sy is nie dieselfde Mary wat skool toe gegaan, nooit aan seuns aandag gegee het nie en wat geweet het wat sy in die lewe wou hê,” verduideli­k Mikateko. “Ek dink sy vergeet wie sy is en dis hoekom dit vir haar maklik is om by The Credential te bly.” Omdat sy glo sy het haar lewe vir altyd weggegooi gee Mary skaars om wat sy volgende doen. The Credential kan enigiets doen met haar liggaam noudat haar siel dood is. Maar Mary is nie so sonder vriende as wat sy dink nie. Al het Lindiwe haar altyd in groot moeilikhei­d laat beland, het sy altyd opgetree wanneer Mary ook vir hul foute gestraf is.

 ??  ?? Shado (middel) verwelkom Lindiwe (links) en Mary. Mary is die gesig van naïwiteit.
Shado (middel) verwelkom Lindiwe (links) en Mary. Mary is die gesig van naïwiteit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa