TV Plus (Afrikaans)

’n Moeilike keuse

Tshidi is in die middel van ’n vete vasgevang tussen haar gangsterma­n Gadaffi en haar aangenome seun, Mpho.

-

Tshidi (Letoya Makhene) se gebede is verhoor! Haar aangenome seun, Mpho (Junior Singo), kom terug om vrede te maak nadat hy onlangs by die huis uitgestorm het toe hy hoor sy aangenome ma se man Gadaffi (Vuyo Dabula) is ’n gangster. “Mpho is in ’n tweestryd,” sê Letoya. Al het hy ’n sterk verhouding opgebou met Tshidi, wat hom aangeneem het toe hy 16 was, is sy met ’n skurk getroud, sê Letoya. “Mpho se hart was stukkend en hy wou niks met Gadaffi se onwettige sake te doen hê nie,” voeg die aktrise by. Maar nadat hy besef het hoe sleg dit sou wees sonder sy ma, het Mpho besluit hy sou eerder Gadaffi se besigheid oorsien as om sonder Tshidi se moederlike liefde te wees. Al is Mpho bly hy en sy ma is versoen is hy nog ontsteld oor Gadaffi se leefstyl en “Tshidi is in die middel vasgevang”, sê Letoya. “En nie Gadaffi of Mpho wil toegee nie.”

MA WEET DIE BESTE

Hoewel Tshidi en Gadaffi vroeg in hul huwelik besluit het om nie hul eie kinders te hê nie omdat hul misdaadgev­ulde lewe nie geskik is om kinders groot te maak nie het Tshidi die gekwelde wesie Mpho in 2017 ingeneem toe sy van Gadaffi vervreem was. “Soos Mpho, het Tshidi se ma, Zondiwe (Abigail Kubeka), haar verlaat toe sy nog jonk was en sy het op straat grootgewor­d. Sy het ’n deel van haarself in Mpho gesien en wou hom ’n beter lewe bied, een waarvan sy altyd gedroom het,” verduideli­k Letoya. Tshidi het Mpho na ’n privaat skool gestuur en “sy vertroetel hom gedurig”, sê die aktrise. “Tshidi betig hom, is besorg oor hom en hulle het saam herinnerin­gs geskep, daarom wil sy hê Mpho moet ook met Gadaffi oor die weg kom.”

BOU DIE BRUG

Omdat Gadaffi en Mpho heeltyd stry probeer Tshidi Gadaffi sover kry om meer soos ’n vaderfiguu­r te wees, maar hy is onwillig om te verander. “Sy wil hê Gadaffi moet sy hardvogtig­e houding verander wanneer hy by die huis is en meer sensitief teenoor Mpho wees,” sê Letoya. Tshidi wil hê hulle moet saam gaan hengel en dat Gadaffi vir Mpho lewensraad gee. “Sy vra nie veel nie as mens in ag neem sy aanvaar sy kriminele lewenswyse,” voeg Letoya by, wie se karakter weier dat Mpho haar weer verlaat. Letoya verduideli­k Tshidi “glo dis haar kans om goed te doen. Sy kan vergoed vir die verkeerde dinge wat sy gedoen het as sy hom grootmaak om ’n suksesvoll­e man te wees,” sê Letoya. Maar eers moet hulle oor die weg kom voordat hul vete haar huwelik verwoes.

 ??  ?? Tshidi sal enigiets doen om die vrede tussen die twee mans in haar lewe te bewaar.
Tshidi sal enigiets doen om die vrede tussen die twee mans in haar lewe te bewaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa