TV Plus (Afrikaans)

Geen geld, geen liefie

Skhumbuzo se kontantvlo­eiprobleem voorspel onheil vir sy verhouding met Rendani.

-

Skhumbuzo (Thokozani Zikalala) is diep in die moeilikhei­d. Hy het soveel lenings geneem om sy ma, Moliehi ( Vatiswa Ndara), in haar egskeiding met haar stiefpa, James (Dingaan Mokebe), te ondersteun dat hy nie geld het om enigiemand terug te betaal nie. “Die geldwoeker­aars is op sy spoor en soek hul pond vleis. Maar Skhu is ’n trotse man wat nie hulp sal vra of erken iets is verkeerd nie,” sê Thokozani. Die een mens wat oplet iets is nie lekker met Skhu nie, is sy meisie Rendani (Innocentia Makapila). “Sy ken hom goed en sien hy is meer verdedigen­d as voorheen. Sy geheime foonoproep­e ontstel haar.” Hul romanse stuur op stormagtig­e water af wat hulle vinniger as die Titanic kan laat sink.

ERNSTIGE SKULD

“Geen seun kan sit en toekyk hoe ’n ander man, veral ’n stiefpa, sy ma emosioneel verrinnewe­er soos James doen nie. En haar finansieel afsny,” verduideli­k Thokozani. Die ergste van alles is James weier om Skhu vir sy maatskappy te laat werk. “Dit sou Skhu baie help as hy ’n goeie salaris kon verdien om uit hierdie gemors te kom, maar dis hom nie beskore nie.” Dit ontstel Skhu en laat hom die grootste fout van sy lewe maak: om geld van woekeraars te aanvaar. “Die rente wat hierdie genadelose mense vereis, is hemelhoog, maar Skhu is desperaat.” Weens die toenemende druk van onderhande­lings met hulle en ondersteun­ing aan sy ma, haal hy sy frustrasie­s op Rendani uit.

EERDER ONTROU AS SWAK

Rendani speel luistervin­k wanneer Skhu in ’n gedempte toon oor die foon praat. Dis een van die woekeraars maar Rendani maak ’n ander afleiding. Sy dink hy verneuk haar en wanneer sy hom konfrontee­r, bevestig of ontken hy dit nie. Dit lyk asof Skhu eerder ontrou sal wees as om swak te lyk! Rendani loop ná die rusie in trane weg want “Skhu se ego oorwin en hy doen niks om die situasie te verbeter nie”.

DIE EINDE

Dis nie lank voor Rendani dreigende SMS’e van die woekeraars op haar kêrel se foon sien nie. “Sy besef wat aangaan en probeer met hom praat en hom raad gee, maar hy stoot haar weg,” sê Thokozani. Dinge tussen die paartjie gaan versleg voordat dit verbeter. “Skhu gaan breekpunt bereik en dit gaan sy donker kant wys wat Rendani vir goed die skrik op die lyf kan jaag.”

 ??  ?? Rendani dink die ergste wanneer Skhumbuzo vir haar lieg.
Rendani dink die ergste wanneer Skhumbuzo vir haar lieg.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa