TV Plus (Afrikaans)

Die 13de dood

Salem se ikoniese booswig Stefano DiMera sterf vir oulaas – en die keer gaan hy nie weer uit die stof herrys nie.

-

Hope (Kristian Alfonso) het geknak. Sy is nie eens verbaas wanneer sy die spore van haar oorlede man Bo (Peter Reckell) se wrede ontvoerder­s en martelaars tot by die deur van die DiMera-herehuis volg nie. Dis nou dieselfde DiMeras wat onlangs haar kind ontvoer het en Hope na ’n moordverda­gte laat lyk het. Dis nie die eerste keer dat die misdaadbaa­s Stefano DiMera (Joseph Mascolo) en sy familie Hope se lewe versuur het nie, maar dit gaan die laaste keer wees . . .

LAASTE WOORDE

Wanneer Hope by Stefano se kantoor instorm en ’n vuurwapen in sy gesig swaai, behandel hy haar met soveel minagting, dit lyk of hy haar wil uitlok. Nadat hy haar vervelig noem, smaal hy: “Bo het gekry wat hy verdien het. Jy is ’n miserabele polisievro­u. Net jou idiotiese man was erger. Jy wil my laat bieg? Waarmee? Die krag van jou persoonlik­heid? Ha-ha! Jy en die aap waarmee jy getrou het wat teen my probeer opstaan. Ek het soms gewens ek het waardige teenstande­rs gehad maar toe kry ek julle twee. Jy is ’n lafaard, net soos jou platvloers­e, dooie man.”

En ná die tirade, daag Stefano Hope uit om hom te skiet. Sy aanvaar die uitdaging, skiet en pomp drie skote in Stefano se lyf . . .

HARTSKOOT

“Ek kon nie glo dit gaan regtig gebeur nie,” onthul Kristen. “Ek was ontsteld weens my liefde vir Joe en sy ikoniese karakter. Hoe meer ek daaroor gedink het, hoe sekerder was ek ek gaan nie deur die draaiboek kom nie.”

Dis op ’n manier poëties dat Hope die een was wat Stefano doodgemaak het. Nadat Hope in ’n ontploffin­g in 1990 “gesterf” het, het Stefano haar gebreinspo­el en haar die herinnerin­ge gegee van sy kunsdief-handlanger prinses Gina – sy bedmaat – en Hope het toe die rykes vir ’n lang tyd besteel. In 2000 het Stefano Hope se baba gesteel en in 2003 het die DiMeras dit laat lyk of die helfte van Hope se familie vermoor is in die Salembekru­iper-storielyn. Hulle het Bo drie jaar lank gevange gehou en Hope laat glo hy het haar verlaat. Die DiMeras het selfs Hope se nuwe man Aiden (Daniel Cosgrove) probeer oorreed om Hope op hul huweliksna­g in Desember dood te maak. Maar nou het Hope hom in eie munt terugbetaa­l. • Ons gaan Stefano se spook later vanjaar nog vyf keer op die skerm sien voor hy finaal in die graf rus.

 ??  ?? Hope beëindig Stefano se heerskappy in Salem vir altyd.
Hope beëindig Stefano se heerskappy in Salem vir altyd.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa