TV Plus (Afrikaans)

Koebaai, Bold

Ná 30 jaar van sepiedrama is Bold & Beautiful onseremoni­eel voor die kansel gelos. Hier’s ’n terugblik op ons gunsteling-katgevegte, -troues en -oomblikke, sowel as ’n lokloertji­e na wat Suid-Afrikaanse fans gaan misloop.

-

Die sosiale media het ontplof soos ’n Forrester-vakansieby­eenkoms waar ’n familielid wat van oorsee terugkeer ongenooid daar opdaag toe die SABC onthul dis die einde van The Bold & The Beautiful nadat die sepie sedert 1988 by ons uitgesaai is. Van Vrydag 1 Maart af behoort die Forresters, hul vriende en vyande tot die verlede op gratis TV.

DIE WAARHEID

Gerugte het ontstaan ná die sepie weggelaat is van ’n aanlyn rooster, al het SABC3 kommentaar geweier. Ná ’n gerondsnuf­fel en die aanporring van ons bron het ons bevestigin­g gekry die kanaal het die sepie van sy rooster verwyder. Niemand het dit verwag nie, want Bold & Beautiful is eers op SABC1 en sedert 2013 op SABC3 uitgesaai.

HOEKOM DAN?

Die SABC-skakelafde­ling se kanalehoof Zandile Nkonyeni het aan tvplus gesê: “Daar is besluit om die uitsending van Bold te staak weens die hoë koste om die sepie op die kanaal te behou en die afname in kykertalle. Dis ook deel van ons omdraaistr­ategie vir die SABC.” Fans het gespekulee­r die skuif van SABC1, waar die sepie ’n reuse-fanbasis het want die kanaal het die grootste voetspoor in die land, het ook tot die dalende kykertalle gelei. Die 17:30-tydgleuf sal voorlopig gevul word met spesiale voorverkie­singsprogr­amme en herhalings van ouer reekse. En as jy gewonder het, daar is nog geen nuus oor of ander gratis kanale die sepie gaan uitsaai nie, soos wat e.tv gedoen het toe SABC3 die uitsending van Days Of Our Lives (1965-nou) in 2017 gestaak het.

MAAR . . .

As jy ’n DStv-intekenaar is kan jy steeds Bold op Eva (kanaal 141) op die DStv Family-, Compact- en Premium-pakket sien, al is die uitsending vier jaar agter Amerika.

 ??  ?? Fans neem afskeid van Bold se 2018-spelers.
Fans neem afskeid van Bold se 2018-spelers.
 ??  ?? Die oorspronkl­ike spelers in 1987 was spoggerig.
Die oorspronkl­ike spelers in 1987 was spoggerig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa