TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Reese daag ongenooid by Zoe, Emma en Tiffany se talentkomp­etisie op ná ’n skurk gedreig het om hulle dood te maak. Xander en Zoe ondersoek hul vermoedens, en Zoe kom Florence teë in Reese se woonstel ná Reese verdwyn het. Hope is geskok en vra Reese wat presies hy op Catalina-eiland gedoen het ná Liam die baba ontmoet wat Steffy aanneem. Hope word terugverwe­lkom by Hope For The Future, en Ridge hou van die nuwe baba Phoebe Forrester, maar hy en Brooke het hul bedenkinge oor die besonder vinnige aannemings­proses – net soos Florence.

DAYS

Leo se ma, Diana (Judith Chapman), een van John se vorige liefdes terwyl hy Roman was, kom na Salem. Leo se skoonma Adrienne praat afkeurend met hom oor sy optrede, en Sarah vertel Rex ’n vuil geheim wat maak dat hy hul verhouding nog ’n kans wil gee. Lani word weggevoer deur ’n romantiese ontmoeting met Eli, en Eli bevraagtek­en Hope oor wat sy met die nare Ted doen. Ciara se familie besef sy is weg net wanneer sy wakker word en besef sy is weer eens aan ’n bed in ’n hut vasgemaak! Abe, Melinda en Jack is in die verkiesing­swedloop om Salem se burgemeest­er te word, en Chloe kry ’n anonieme dreigement.

Y&R

Nick vra Sharon hoekom sy al maande lank vir hom lieg, en Nick vergelyk sy verhouding­s met Sharon en Phyllis ná hy die nare besonderhe­de hoor van hoe JT dood is. Lola moet oppas, want Kyle is smoorverli­ef wanneer Summer van Doebai terugkeer, volwasse en gesofistik­eerd. Summer kom met Fen ooreen om tussen Kyle en Lola te kom, Devon laat die kollig op Ana skyn nadat hy uitvind sy het ’n groot geheim, en Lauren toets Kyle. Iemand misbruik JT se dood in ’n gekonkel teen Victor en die Newmans.

 ??  ?? Die sexy Summer lê by Kyle aan wanneer sy terugkom.
Die sexy Summer lê by Kyle aan wanneer sy terugkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa