TV Plus (Afrikaans)

Dèanré Reiners

Hoe werk jou gunsteling-akteur se kop?

-

Dèanré Reiners is nie so stout soos sy karakter Zandré in Isidingo (1998-nou, sien bl. 22) nie. In die twee jaar dat die Lategans in The Deep is, het Zandre amper matriek gedop, gelieg oor sy uitslae, ’n persoonlik­e afrigter geword en geslaap by sy kliënt Seline (Rosa Anthony) wat in Augustus verlede jaar deur haar jaloerse man, Clive (Stefan Ludik), vermoor is. Met soveel opwinding is dit geen wonder die 22-jarige akteur bestee soveel vrye tyd moontlik voor die TV nie . . .

Wat was die eerste TV-program wat jy saam met vriende

gespeel het? Ons het nooit enige reekse gespeel nie. Ons was laaities wat rondgehard­loop het en rugby, krieket en sokker gespeel het en ons het die mooi meisies in ons klas geterg. Ek en my broers, Henco (20) en Ricardo (18) het graag ons jujitsu-klere aangetrek en gespeel ons is die Teenage Mutant Ninja Turtles (1987-1996) of Power Rangers (1993-1995).

Wie was jou eerste TV-liefling? Dit laat my bloos . . . my ma het getrou 7de Laan gekyk en daar was hierdie vrou Dezi (Elma Postma). Ek was smoorverli­ef op haar en nou is sy my ma in Isidingo. Watter produk wou jy hê nadat jy dit op TV gesien het? Om goed gebou te wees met abs is iets wat ek nagejaag het so lank ek kan onthou. Toe ek sien hoe ’n fiksheidso­u een van daardie abs-boumasjien­e gebruik, moes ek net een hê. Wie se TV-klerekas wil jy hê? Tommy Shelby (Cillian Murphy) in die periodedra­ma Peaky Blinders (2013-nou). Hy’s een van die besgeklede karakters op TV. In wie se TV-huis sou jy graag

wou woon? Ek het nog nooit regtig daaroor gedink nie. Dalk die Sibeko-dakwoonste­l in Isidingo? Oor watter TV-reekse is jy tans

fanaties? Peaky Blinders – die toneelspel, kleredrag, stelontwer­p, storielyn . . . alles is ongeloofli­k goed. En die psigologie­se riller You (2018-nou) is supergries­elig.

Watter werk agter die skerms sou jy graag wou hê? Ek sal óf regisseer óf vervaardig. Om te sien hoe jou visie lewe kry, is waarskynli­k een van die bevredigen­dste ervarings. Wat W is een van jou gunsteling-intriges in ’n reeks? T Totale verbysteri­ng, soos in die meeste psigologie­se r rillers. Wanneer ek dink “dit moet die moordenaar wees” en dit is nie – daardie soort kinkel. Wat W is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel skiet? Ek het in 2017 ’n fliek, Siembamba, geskiet. Dit was die eerste Suid-Afrikaanse fliek wat sy première in Hollywood gehad het. My karakter, Adam, was vreemd. Die laaste toneel wat ek en Reine Swart (as Chloe) geskiet het, was ’n verkragtin­gstoneel en dit is my nagmerrie [o [onderwerp]. Gelukkig was daar nie te veel ongemaklik­e oomblikke daarna nie. Van V watter reeks sal jy graag ’n nuwe weergawe g wil maak? Die Mafia-drama T The Sopranos (1999-2007), een van v die beste reekse nóg! As A jy enige karakter in enige reeks kon speel wie sou dit wees w en hoekom? James Keziah Delaney (Tom Hardy) in die periodedra­ma Taboo (2017-nou). Hy is so ’n komplekse karakter. Ek sal daarvan hou om hom uit te pluis. Op O watter reekse binge jy j nou? Peaky Blinders op my eie, You saam met my meisie en die animasiere­eks Family Guy (1999-nou) saam met my jongste broer Ricardo. Jou J TV-ikoon is . . . Cillian Murphy en Aidan Gillen as die grootste TV-boewe in Little Finger in die epiese fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou). En as jy iets van jou huidige karakter kon verander . . . Om meer betrokke en minder selfbehep te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa