TV Plus (Afrikaans)

Wat’s fout, dok?

The Good Doctor is net die regte medisyne as jy verveeld is met flou, soetsappig­e doktersree­kse vol verliefdhe­id.

-

Reekse wat in hospitale en die mediese omgewing afspeel is supergewil­d – Showmax het ’n hele klomp om uit te kies (soos Grey’s Anatomy seisoene 1-13, House MD seisoene 1-7 en Code Black seisoene 1-2). Maar daar is een wat jy moet kyk as jy in een sentrale karakter belangstel en nie ’n lang lys simptome, prognoses, diagnoses en voorskrift­e vir elke dokterkara­kter wil hê nie. The Good Doctor (2017-nou, stroom seisoen 1 op Showmax) het een belangrike “pasiënt”: Dr. Shaun Murphy (Freddie Highmore). Hy’s ’n outistiese geleerde wat wil help om die siekes, gewondes en sterwendes te genees (kyk Freddie se ontstellen­de uitbeeldin­g van die eienaardig­e reeksmoord­enaar met die gesplete persoonlik­heid,

Norman Bates, hier in Bates Motel, 2013-2017).

“Daar was geen huiwering [om Shaun te speel] nie,” sê Freddie. “Ons almal ervaar ’n mate van verantwoor­delikheid om toe te sien dat Shaun so geloofwaar­dig moontlik uitgebeeld word. Ons bly ook daarvan bewus dat Shaun nooit die ervarings van almal in die spektrum [van outisme] kan en mag verteenwoo­rdig nie.” Outisme is nie ’n eenvoudige siekte om te verstaan, diagnoseer of behandel nie en dit raak elke mens verskillen­d, wat Freddie se uitbeeldin­g selfs beter maak.

DIE HOOFSPELER

Shaun se outisme maak dit vir hom uiters moeilik om sosiaal met mense te verkeer. Hy herken en verstaan nie sarkasme of wanneer iemand ’n grap vertel as deel van ’n gesprek nie. Alles is ernstig in sy gedagtes en hy beoordeel interaksie­s eerder op sigwaarde as volgens sosiale norme. Soos wanneer ’n gewone mens met “hi” groet, sal Shaun dit as “high” verstaan en hy sal iets sê soos, “I am 5 ft 8 tall. High is an incorrect term.”

Maar dis hierdie erns en onskuld wat Shaun nie net van sy kollegas onderskei nie, maar ook van dokters in ander reekse. Sy wêreld het orde en struktuur. Hy borsel sy tande elke oggend en aand op dieselfde tyd en op ’n spesifieke manier. Hy stryk sy klere elke keer in dieselfde rigting. Hy kan net ’n appel eet as dit ’n perfekte skil sonder enige merke het. Hy is nooit laat nie. Alles is in volgorde en georden en die geringste afwyking veroorsaak dat hy sy kop stamp en weghardloo­p om weg te kruip van ’n wêreld wat hy as chaoties ervaar.

“Shaun leer wat definieer hom buite sy outisme,” voeg Freddie by. “Hy het sy eie eienaardig­hede en maniere van dinge doen. Autism In Love (2015) is ’n dokkie wat ek ongeloofli­k nuttig gevind het. Wat treffend is daarvan en wat ons in die reeks probeer doen, is dit fokus nie net op die potensieel slegte ervarings wat outistiese mense daagliks beleef nie, maar op die goeie ervarings en plaas die kollig op die manier waarop Shaun byvoorbeel­d anders dink.”

ONDERSTEUN­ENDE ROLLE

Hoewel Shaun die sentrale figuur is, kry hy die regte hoeveelhei­d hulp van sy kollegas wat volgens ’n standaard-formule saamgestel is. Daar’s die ondersteun­ende medewerker

dr. Claire Brown (Antonia Thomas), die mentor dr.

Aaron Glassman (Richard Schiff) wat Shaun se potensiaal om die hospitaal te verander raaksien, die opponerend­e die hoof van chirurgie dr. Marcus

Andrews (Hill Harper) wat nie die voordeel van Shaun as spanlid insien nie, en die departemen­tshoof, die besoekende hart-en-borschirur­g dr. Neil Melendez (Nicholas Gonzalez) wat vir Shaun uitdagings stel om te oorkom en homself te bewys.

Hierdie karakters moet Shaun help groei en ontwikkel tot ’n voorste chirurg. Selfs die mense wat hom terughou ontdek gou hy is op elke terrein beter as hulle. “Die draaiboek het my aangegryp,” sê Hill. “Televisie is skryfkuns. As jy nie konsekwent is nie, het jy nie die rolverdeli­ng om dit reg te kry nie en jy gaan dit nie geniet nie. En jy sal dit op geen manier kan verbeter nie. En dis nie die moeite werd nie. Hierdie reeks is.”

 ??  ?? Die fokus op die outistiese dr. Shaun onderskei The Good Doctor van die meeste ander mediese dramas.
Die fokus op die outistiese dr. Shaun onderskei The Good Doctor van die meeste ander mediese dramas.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa