TV Plus (Afrikaans)

Status en roem

Liam se ma waarsku hom teen Candice, die nuwe meisie in sy lewe.

-

Die pompons se nuutste danser en kelner by Potties, Candice (Claudia Jones), het haar oog al geruime tyd op die Stryders-rugbyspan se kaptein, Liam (David Johnson). En ná hulle einde Februarie op ’n toe-oë-afspraak was, het die vonke gespat. Maar waar Liam se gevoelens eg is, gebruik Candice hom net om haar sukkelende loopbaan as aktrise ’n hupstoot te gee.

HARSTEER EN NUWE LIEFDE

Liam het lelik seergekry toe sy verhouding met die voormalige Stryders-fisioterap­eut

Lindy (Chantal Stanfield) in Augustus 2018 beëindig is. Lindy was jare gelede by ’n tref- entrap-voorval betrokke en het van die toneel af weggejaag. Liam het haar gelos ná hy dit uitgevind en sy steeds geweier het om polisie toe te gaan. Kort daarna het sy die Stryders verlaat.

Candice is soos ’n vars briesie wat oor sy wonde waai en hy besluit om haar te vertel hoe hy oor haar voel. Claudia sê Candice is in ekstase. “Liam is nou hare en vanweë sy status en roem gaan Candice meer in die kollig wees (en hopelik gou ’n rol losslaan).”

Liam en Candice se verhouding veroorsaak ’n opskudding – veral onder die pompondans­ers wat jaloers is. En die tonge klap wanneer intieme foto’s van die paartjie op sosiale media versprei word. “Liam steur hom nie veel daaraan nie,” sê David. “Maar hy weet nie die foto’s is geneem deur ’n fotograaf wat Candice gereël het om haar in die kollig te kry sodat sy ’n werksaanbo­d kan kry nie.”

LUISTER NA MAMMA

Dolverlief en in die duister oor Candice se ware motiewe besluit Liam hulle is gereed vir die volgende stap. “Hy stel haar aan sy ma, Charlene Willemse (Nazli George), voor, maar dis duidelik sy hou nie van Candice nie,” voeg David by. Charlene se instink sê vir haar Candice steek iets weg en sy waarsku haar seun, maar praat verniet.

Intussen kry Candice goeie nuus. “Haar plan het gewerk,” sê Claudia. “Sy kry ’n rol in ’n dramareeks vanweë haar verbinteni­s met Liam.” Liam is bly vir haar onthalwe, maar ons sal moet wag en sien of Candice die kaptein vinnig gaan afsê. Liam kan ook die waarheid uitvind en besef nog ’n vrou het hom verraai. Dit kan hom breek.

VERLEDE KEER

Divan is op sy wittebrood in ’n ski-ongeluk beseer, Reitz en Anna het weer koppe gestamp, en Koekie en Festus het Fafa en Maryke se huwelik probeer red.

13 – 15 MAART

Maryke het ’n plan om Bart en Kristien te uitoorlê, Liam vertel Candice van sy ware gevoelens vir haar, en Blitz loer by Julia in. Maryke maak gereed om Bart en Kristien te ontmasker, Daniël wen die romantiese uitdaging, en Candice besluit om haar en Liam se verhouding aan te kondig. Renate is spyt sy het Yvonne by haar projek betrek, en Candice en Liam se verhouding veroorsaak ’n opskudding.

18 – 22 MAART

Reitz en Anna probeer meer romanties wees, Renate is moedeloos oor Yvonne se inmengery, en TJ kom kuier vir Schalk. Yvonne plaas druk op Renate om haar projek aan die gang te kry, Liam dink hy en Candice is gereed vir die volgende stap in hul verhouding, en Koekie en Festus skinder by Julia oor Maryke se huismoles. Candice ontmoet Liam se ma, Julia vind die waarheid oor Maryke se verlede uit, Yvonne dryf Renate teen die mure uit, en Candice begin twyfel oor haar verhouding met Liam.

25 – 26 MAART

Maryke doen self speurwerk oor wat met Lydia gebeur het, Candice kry goeie nuus, Schalk gee Fafa raad oor sy huwelikspr­obleme, en Maryke en Albert probeer meer uitvind oor Lydia se ongeluk. Anna praat haar mond verby voor Candice, en Thinus is keelvol om ’n soldaat vir sosiale geregtighe­id te wees.

 ??  ?? Candice (inlas) verlei Liam om haar loopbaan te bevorder.
Candice (inlas) verlei Liam om haar loopbaan te bevorder.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa