TV Plus (Afrikaans)

Skelmpies

Twee getroude paartjies, twee affairs.

-

Janice en Thys (Crystal-Donna Roberts en Sherman Pharo) leef al lankal nie meer soos ’n getroude paartjie nie. En Ronel en Lionel (Melanie du Bois en Jody Abrahams) se huwelik is ook op die rotse. Janice het al geruime tyd ’n affair met Lionel, en daar is ook iets tussen Ronel en Thys aan die broei. ’n Gerondslui­pery bly nooit lank ’n geheim nie en dit lyk of albei paartjies se geheime aan die lig gaan kom. Vir Janice en Lionel is dit wanneer hulle impulsief besluit om vir ’n rukkie Clanwillia­m toe te gaan, en dan vra Thys Ronel reguit hoe sy oor hom voel. Wie gaan eerste van die verneukery uitvind?

EERSTE LIEFDES

Die paartjies ken mekaar al van hul kinderdae af en het eintlik met die verkeerde mense getrou. Lionel en Janice het na mekaar gevry en Ronel en Thys was saam, al het dit gelyk na kalwerlief­de. “Ek dink eintlik Lionel was werklik Janice se eerste liefde. Hy het haar laat lag toe hulle jonger was. En vir Janice, wat nie op die beste manier grootgewor­d het nie, was Lionel ’n vars briesie,” sê Crystal-Donna.

Ronel was ook altyd verlief op Thys, sê Melanie. “Van haar kinderjare af het sy Thys se geselskap baie geniet. Daar is ’n sterk band tussen hulle, maar hulle het nooit toegelaat dat hul vriendskap in ’n liefdesver­houding ontwikkel nie.” Maar dinge kan dalk nou verander, want met Janice in Lionel se arms en Thys wat langs die kantlyn staan, bestee hy toenemend tyd saam met Ronel.

GELD EN STATUS

Nie Ronel of Thys weet hul eggenoot is ontrou nie. En waar Ronel en Thys nog nie fisiek ’n affair het nie, trap hulle emosioneel oor die tou. Sherman sê Thys is keelvol vir Janice se koue houding en minagting teenoor hom. “Thys hou nie van die oppervlakk­ige geld-enstatus-ding nie – iets waarmee Janice behep is. Maar op ’n manier verstaan Thys waarom dit vir Janice so belangrik is. Sy het brandarm en swaar groot geword, en hy wil haar net gelukkig maak.” Maar Thys kry dit nie reg nie, en toe Thys sy aansoek om hoof van die Hoërskool Arendsvlei te word (vroeër in Februarie) terugtrek, het daar iets in Janice gebreek en sy het haar heeltemal aan haar huwelik onttrek – sy het gereken daarop dat haar man meer aansien sou hê. Thys en Janice het ’n eerlike gesprek oor hul situasie. Wat hulle presies be-

spreek kan ons nie verklap nie, maar dit draai dalk net in die skeihof, want kort daarna klim Janice saam met Lionel in die kar op pad na Clanwillia­m.

SNUF IN DIE NEUS

Intussen begin Ronel se seun Lee-Roy (Roberto Kyle) oplet iets is aan die gang tussen sy ma en Thys en hy konfrontee­r haar daaroor. Melanie sê Ronel skerm gou. “Sy verseker haar seun hulle is net vriende, maar eintlik probeer sy haarself oortuig dis al wat hulle is, hoewel sy weet daar is iets meer. Sy verkies om haar gevoelens te onderdruk.”

In Clanwillia­m gaan dinge nie veel beter nie, want Lionel se voormalige meisie Clarissa (Bronte Snell) daag skielik op wanneer sy hoor Lionel is daar, wat Janice woedend maak. En Lionel moet die vrede bewaar.

’N KRUISPAD

Ronel en Thys sowel as Janice en Lionel bevind hulle kort voor lank by ’n kruispad. Gaan hul paadjies skei? Veral Lionel se gedrag is eintlik onvoorspel­baar. Jody sê Lionel dink nie aan die gevolge van sy dade nie, hy is ’n “leef-in-die oomblik-mens”. “Hy hou van mooi meisies en die plesierrit­jies wat hy saam met hulle kan geniet.”

VERLEDE KEER

Nicole en Anton het hul vete voortgesit ná hulle weer in die bed gespring het, Janice het probeer uitvind waar Wendy die aand was toe die geld uit haar huis gesteel is, en Aunty Gertie en Beatrice het Ronel probeer oorreed om hulle te vertel wie haar geslaan het.

13 MAART

Familiever­houdings word deur Janice en Lionel se impulsiewe besluit geraak, en Thys probeer die waarheid uit Ronel kry oor haar ware gevoelens vir hom en of sy bereid is om hul verhouding ’n kans te gee.

18 – 20 MAART

Die verbondenh­eid tussen Ronel en Thys raak meer intens en die gevaar bestaan dat ander dit kan opmerk. Thys en Janice het ’n eerlike gesprek oor hul gebroke huwelik en waar hulle met mekaar staan. Lee-Roy let op daar is iets aan die broei tussen sy ma, Ronel, en Thys, en hy vra haar uit, maar Ronel praat dit weg. In Clanwillia­m loop Janice se emosies hoog oor Clarissa, en in Arendsvlei wonder Beatrice en Claudia oor Thys en Ronel se verhouding.

25 – 26 MAART

Ronel en Thys sowel as Lionel en Janice is by ’n kruispad, Wendy speel met Ruiter, en Johnny verraai amper homself teenoor Gertie. Janice knip haar vakansie met Lionel kort.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa