TV Plus (Afrikaans)

Uitgevang!

Tim pleit by Danni vir ’n tweede kans ná sy affair met Izette.

-

Suidooster-Eiendomme (SE) se sekretares­se Danni (Vashti Prins) kan nie glo wat sy sien nie: Haar kêrel, die argitek Tim (Marco Spaumer), in die arms van ’n ander vrou, Izette (Shana Mans), die eiendomsag­ent wat skaars ’n maand tevore by die agentskap aangesluit het. “Skielik maak alles vir Danni sin,” sê Vashti. “Tim se aandag is lankal nie meer by haar nie, maar eerder by Izette.”

Tim hap na lug wanneer hy besef hy is uitgevang en doen sy bes om met Danni versoen te raak. “As Tim kon sou hy die tyd wou terugdraai,” erken Marco. “Hy pleit by Danni om hom te vergewe, maar dit gaan nie so maklik wees nie.”

TASSE WORD GEPAK

Daar is chaos op kantoor wanneer almal uitvind van Tim en Izette se gekafoefel. Die eiendomsag­ent Zoe (Lauren Joseph) konfrontee­r Izette oor die moeilikhei­d en ongemak wat sy veroorsaak het, maar Izette maak asof niks gebeur het nie. Shana sê Izette het ’n verskuilde agenda. “Aanvanklik was Tim net in Izette se visier omdat hy deel vorm van haar duistere plan vir SE. Sy weet hy is lojaal aan die grootbaas, Ian (Abduraghma­an Adams), en dien as sy oë en ore. As sy hom kon neutralise­er deur haar sjarme te gebruik, was sy een stappie nader om haar plan in werking te stel.”

En dié geheimsinn­igheid verdiep wanneer dit die volgende dag duidelik word sy is kop in een mus met ’n swendelaar,

Rudolf (Chris van Rensburg).

WIT VLAG

“Danni is teen die grond,” sê Vashti. “Haar verhouding met Tim was die afgelope tyd in troebel waters, maar sy het nie verwag hy sou ontrou wees nie. Sy kan nie langer by Tim wees nie, en sy trek by haar vriendin Michelle (Greta Pietersen) in.”

By die kantoor gaan dinge ook nie makliker nie. Danni vervies haar lelik wanneer Izette met haar probeer vrede maak. “Danni vind haar arrogant. Hoe durf sy vergifnis verwag?” sê Vashti. “Izette het haar verhouding vernietig, en sy kan haar nie daarvoor vergewe nie.”

RIGTINGLOO­S

Danni probeer met haar lewe voortgaan, maar kom onverwags op ’n foto van haar en Tim af wat haar baie hartseer maak. “Danni het geglo sy en Tim is bedoel om te trou,” vertel Vashti “Vir haar was hy die liefde van haar lewe, en skielik is alles net donker. Die toekoms lyk glad nie meer soos sy gedink het dit gaan wees nie en sy voel sy is rigtingloo­s.”

Intussen konkel Izette en Rudolf verder, maar wanneer Rudolf hoor wat tussen Izette en Tim gebeur het, wonder hy skielik waar haar lojaliteit lê en raak hardhandig met haar. “Hy dink sy speel nie oop kaarte met hom oor wat werklik tussen haar en Tim gebeur het nie, en dit laat hom rooi sien,” sê Shana.

’N EERLIKE GESPREK

Tim en Danni het ’n eerlike gesprek oor hul verhouding, maar alles is nog nie vergewe en vergeet nie. Marco sê Tim besef daar is ’n kans dat hy Danni vir ewig kan verloor. “Dis duidelik hy het ’n groot fout begaan en hy weet hy was verkeerd.”

Danni waarsku Izette later om uit haar pad te bly. En net wanneer dit lyk of dinge begin bedaar, kom Danni af op Tim en Izette wat met ’n intieme gesprek besig is. ’n Mens sou dink Tim het sy les geleer. Of dalk het Izette tog Tim se attensies bo haar plan met Rudolf gekies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa