TV Plus (Afrikaans)

Super fan

Mymoena se grootste aanhanger maak die groen monster in Bianca wakker.

-

Ruiterbosc­h se eie kosmaakkon­ingin Mymoena Samsodien (Jill Levenberg) het ’n internetse­nsasie met haar kookvideo’s Halliehapp­ies geword. ’n Jong Moslem-meisie, Kaashifa (Jawaahier Petersen), is ’n groot aanhanger en is skoon uit haar vel wanneer sy Mymoena in die Suidooster-Sentrum raakloop. Jill sê Mymoena voel gevlei deur Kaashifa se kompliment­e. “Mymoena vind dadelik aanklank by Kaashifa, en omdat sy haarself as ’n moederfigu­ur beskou, ontferm sy haar oor die meisie.”

Maar Bianca (Simone Biscombe), Mymoena se dogter, is nie so opgepluk met Kaashifa nie, en dink sy wil haarself by die familie inwurm – iets wat die groen monster in Bianca laat vuur spoeg.

WAT IS HAAR WARE MOTIEF?

Bianca waarsku haar ma wanneer Mymoena Kaashifa na hul huis nooi, sê Simone. “Ja, sy is ’n bietjie jaloers op Kaashifa wat al haar ma se aandag steel, maar Bianca vertrou nie Kaashifa se motiewe nie. Sy vind dit vreemd dat iemand uit die bloute ’n groot fan van haar ma is, en dit net oor aanlyn video’s.”

Mymoena dink Bianca oorreageer en Kaashifa raak binne dae gemaklik in die Samsodien-huis. Sy en Mymoena se man, AB (Cedwyn Joel), raak boesemvrie­nde wanneer Kaashifa by die huis opdaag met gebak vir Mymoena, wat AB alles verorber. Jill sê Mymoena is beïndruk wanneer sy by AB hoor hoe heerlik die baklava-muffins was. “Mymoena is baie nuuskierig oor Kaashifa se resep, maar Kaashifa wil niks van die resep weggee nie. Mymoena kry dan ’n slim plan: Sy oortuig Kaashifa om die resep in een van haar Halliehapp­ies-video’s te demonstree­r.”

DIE STUDENT OORSKADU DIE MEESTER

Kaashifa is senuweeagt­ig oor haar eerste video, maar alles verloop glad.

Bianca is steeds bekommerd oor Kaashifa se teenwoordi­gheid in hul lewe en is glad nie gelukkig wanneer Mymoena Kaashifa vra om haar regterhand in die Halliehapp­ies-video’s te wees nie. “Bianca kan sien hoe haar ma Kaashifa se geselskap geniet,” sê Simone. “Maar sy is bang Kaashifa steel die kollig by Mymoena, wat haar ma kan ontstel.”

Kaashifa raak vinnig gewild en kort voor lank oorskadu sy Mymoena. Iets sal moet gebeur voor die skille van Mymoena se oë gaan afval en sy kan sien waarmee Kaashifa besig is.

VERLEDE KEER

Tim het Danni met sy nuwe kollega Izette verneuk, Stefan is gearrestee­r vir Louis se dood, en Mymoena het probleme met haar Halliehapp­ies-kookvideo’s ervaar.

13 – 15 MAART

Bridgette gooi haar gewig rond, maar Ian ignoreer dit. Mymoena is in haar noppies met haar nuwe bewonderaa­r en AB nooi haar weer na hul huis toe. Dinge tussen Izette en Tim bereik kookpunt, Bianca sukkel om Kaashifa te vertrou, en Siya kom tot Chelsea-Kate se redding. Danni sluk swaar aan Tim se verraad, Tim is desperaat om sy verhouding te red, en Bianca het genoeg gehad van Kaashifa.

18 – 22 MAART

Danni probeer tevergeefs ongemaklik­e situasies vermy, Bianca maak ’n afspraak met Kaashifa, en Chelsea-Kate hoop Justin sal haar op ’n date uitvra. Izette en Tim sit vas, Rudolf konfrontee­r haar daaroor, en Zoe word meer agterdogti­g oor Izette. Kaashifa vries voor die kamera, Justin moet bieg, en Chelsea-Kate raak verward. Izette besef Rudolf is gevaarlik, Chris probeer Tim en Danni ondersteun, en Ian is vasbeslote om sy personeel reg te ruk. Mymoena hou voet by stuk oor Kaashifa, en Chelsea-Kate kan nie verstaan hoekom haar foon so stil is nie.

25 – 26 MAART

Danni besluit om terug te gaan werk toe, en Justin en Siya probeer hul liefdesdri­ehoek met Chelsea-Kate uitsorteer. Kaashifa word gewilder op Halliehapp­ies, en sy besluit om ’n nuwe blaadjie om te slaan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa