TV Plus (Afrikaans)

’n Onmisbare werksgelee­ntheid

Elana erken aan Steve sy wil in Kanada gaan werk.

-

Elana (Ilne Nienaber) moet besluit: Gaan sy die werk aanvaar wat haar held dr. Franz Basson (David Minnaar) vir haar in Kanada aangebied het, of wil sy by haar kêrel, Steve (Clint Brink), by die Binneland-kliniek bly? En dis nie ’n maklike keuse vir die beroepsged­rewe Elana nie. Sy erken aan Steve sy oorweeg dit sterk om Kanada toe te gaan, wat vir Steve ’n bitter pil is om te sluk. “Hy soek nie ’n langafstan­d-verhouding nie en as Elana moet gaan, kan dit die einde van hul verhouding beteken,” sê Clint.

ELANA SOEN TERUG

Franz wil nie net vir Elana om beroepsred­es in Kanada hê nie. Hy het ook gevoelens vir haar en maak dit duidelik wanneer hy haar onverwags vasgryp en soen. En Elana soen terug! Ilne sê Elana is stomgeslaa­n deur haar eie reaksie. “Daar was ’n tyd, jare gelede, dat sy gevoelens vir Franz gehad het, maar sy het gedink dis in die verlede.”

Wanneer Elana ná die soen tot verhaal kom, storm sy uit, maar Franz gaan haar nie so maklik deur sy vingers laat glip nie. Hy verklaar later sy liefde aan die oorblufte Elana. “Sy kan nie glo wat sy hoor nie,” sê Ilne. “Maar sy laat Franz mooi verstaan sy is lief vir Steve en as sy finaal besluit om na Kanada te gaan, sal hulle net kollegas wees niks meer nie.”

CONRAD PRAAT SIN IN ELANA SE KOP

Steve raak onrustig oor Elana se lojaliteit en vra haar reguit of sy nog in ’n verhouding met hom wil wees.

Clint sê Steve soek sekerheid. “Hy wil die res van sy lewe saam met Elana deurbring, dis hoekom hy haar ’n tyd terug gevra het om by hom in te trek. Maar sy moet hom nie vir die gek hou nie.”

Elana verseker hom van haar liefde, maar Steve is nie oortuig nie.

Later praat Elana se broer, Conrad (Hykie Berg), met haar en plaas dinge in perspektie­f: As sy saam met Franz gaan werk, sal sy altyd in sy skadu wees en tweede viool speel. “Sy besef dan sy sal nooit daar die tipe erkenning vir haar werk kry soos hier in Suid-Afrika nie, en dit laat haar dinge verseker heroorweeg.”

GAAN AMBISIE WEN?

Elana worstel met haar besluit. “Haar hart smelt wanneer sy ’n kosbare oomblik tussen Steve en sy dogter Lexi (Kiska Skeï) sien wat haar laat besef wat ’n wonderlike man en pa Steve is,” vertel Ilne.

Maar is dit genoeg om haar te laat bly? Of gaan haar ambisie die oorhand kry? Elana, ons hoop jy doen die regte keuse.

VERLEDE KEER

Adler se moordenaar is ontmasker, Franz het Elana ’n werk in Kanada aangebied, en Okkie en Morné was op ’n uitstappie.

13 – 15 MAART

Elana neem beheer van die teater en begin met ’n prosedure, Naomi verduideli­k haar reaksie aan Louis, en Adler se prokureurs versuur Delia se aand. Elana beken iets aan Steve, George het ’n paar wyse woorde vir Elana, en dr. Roland het sy mes in vir Delia. Steve konfrontee­r Elana, Conrad is vasbeslote om Southern Hope en die Binneland-kliniek met mekaar te versoen, en Annelize hoor van Conrad se besigheids­plan.

18 – 22 MAART

At plaas druk op Conrad om ’n besluit te neem, Jax raai Elana aan om selfonders­oek te doen, en Naomi is bekommerd Karli verwag te veel van Quinton. Roland waarsku Delia om nie soveel aandag op sy werk te vestig nie, en Elana en Steve is bekommerd oor Conrad en At. Bevrore embrio’s lei tot ’n uitval, Quinton vra Tertius om sy skof te dek, Tertius vind uit waarom At hom die opdrag gegee het, en Conrad het planne met Steve en Southern Hope. Chanel beseer haarself, en At is woedend omdat Annelize vir Tertius ingestaan het. Elana vra Annelize se hulp met At, en Naomi en Karli het ’n groot uitval.

25 – 26 MAART

Conrad vind uit van die brand by Southern Hope, Tertius en Danny vang Jax onkant, en Karli praat haar hart uit teenoor Naomi. At het sy vermoedens oor die gebeure by Southern Hope, en Roland wil saam met Steve werk.

 ??  ?? Dinge is krapperig tussen Steve en Elana as gevolg van haar werksgelee­ntheid in Kanada.
Dinge is krapperig tussen Steve en Elana as gevolg van haar werksgelee­ntheid in Kanada.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa