TV Plus (Afrikaans)

’n Etiese dilemma

Daar is ’n geheimsinn­igheid en vrae rondom die nuwe dokter by Southern Hope en sy navorsing.

-

Die Southern Hope-hospitaal was nie lank sonder ’n hoof ná Brett Adler (Anton Schmidt) se moord nie. Die uitgeslape Delia Richter (Odelle de Wet) se droom om die septer by die hospitaal te swaai word waar wanneer sy tydens ’n spoggeleen­theid by Amoret as die nuwe grootbaas verwelkom word. Dis vir Delia ’n groot eer, sê Odelle. “Op ’n profession­ele vlak is dit haar grootste prestasie tot dusver en op ’n persoonlik­e vlak bewys sy aan haarself sy is goed genoeg om ’n hospitaal te bestuur.”

Delia wil dadelik naam maak en vertel al die gaste van Southern Hope (SH) se prestasie: die nuwe dokter by SH, Edgar Roland (Craig Gardner), is besig met baanbreker­navorsing oor stamselle waarop sy baie trots is. Maar At (Hans Strydom), hoof van die Binneland-kliniek, SH se grootste mededinger, laat nie vir lank die aandag van Binneland af wyk nie en bevraagtek­en openlik die etiese implikasie­s en gevare rondom die navorsing. En Delia gaan op die harde manier leer At is dalk nie heeltemal verkeerd nie en Edgar kan gevaarlike­r wees as wat hulle dink.

IN DIE KOLLIG OM DIE VERKEERDE REDES

Delia voel verneder wanneer At se uitlatings die volgende dag die nuus in die koerant haal. “Dit maak haar seer want sy wil die een keer om ’n goeie rede in die kollig wees, en hier kom bederf At alles,” verduideli­k Odelle. En dis maar net die begin van Delia se probleme. Dr. Roland is ook smoorkwaad vir Delia omdat sy sy navorsing in die openbaar bespreek het. Craig sê sy karakter is passievol daaroor om lewens te red. “En hy glo hy kan dit met sy navorsing regkry, maar dit is nog nie afgehandel nie. Hy hou ook nie van die vrae wat nou oor sy navorsing gevra word nie – veral nie in die media nie,” sê die akteur.

Delia en Edgar se verhouding verswak verder wanneer Delia ’n onderhoud met hom en ’n joernalis probeer reël sodat hy die belangrikh­eid van sy navorsing aan die publiek kan verduideli­k – maar Roland skop vas. Craig sê Roland wil nie nog aandag op sy werk vestig nie. “Daar is beslis vrae oor sy navorsing wat hy nie nou wil beantwoord nie. Roland dink die doel heilig die middele, en daarom wil hy nie nou hê mense moet iets daarvan weet nie.” Delia begin snuf in die neus kry wanneer ’n vrou, Linda (Mari Michael), haar kom spreek omdat van Linda se gevriesde embrio’s wat by SH bewaar word, verdwyn het. Odelle sê Delia is diep geraak deur Linda se storie en soek antwoorde. “Sy begin krap om vas te stel wat regtig aan die gang is. Delia wil haar reputasie beskerm, want sy is pas aangestel en kan nie ’n skandaal bekostig nie.”

Delia kry bewyse dat Roland agter die vermiste embrio’s sit, maar wanneer sy hom daaroor konfrontee­r besef Roland hy moet aan ’n plan dink om Delia en Linda stil te hou.

’N DREIGEMENT EN ’N BRAND

’n Gefrustree­rde Delia weet nie wat om te doen nie. “Delia moet sonder Roland se medewete uitvind of hy iets oneties onder haar neus doen. Sy kan nie nou ’n skandaal by Southern Hope bekostig nie, nie ná die drama met Adler nie,” sê Odelle.

Roland sal enigiets doen om sy navorsing en sy naam te beskerm, selfs al moet hy Delia dreig. Kort daarna breek ’n brand in die hospitaal uit en iemand is in doodsgevaa­r . . .

 ??  ??
 ??  ?? Delia is besig met ’n oproep wanneer Linda (agter) skielik by haar kantoor inbars op soek na antwoorde.
Delia is besig met ’n oproep wanneer Linda (agter) skielik by haar kantoor inbars op soek na antwoorde.
 ??  ??
 ??  ?? Conrad en Delia by haar inhuldigin­gsgeleenth­eid by Amoret.
Conrad en Delia by haar inhuldigin­gsgeleenth­eid by Amoret.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa