TV Plus (Afrikaans)

SUSTERS OP DIE PLAAS

-

Terwyl die drama hoogty vier by SH, was die verpleegst­ers van Binneland op ’n wegbreekna­week naby At se plaas. “Die tonele is verfilm op dieselfde plaas langs die Hennopsriv­ier in Gauteng waar ons verlede jaar die Kongo-tonele, asook die renosterho­ringstorie­lyn (albei in 2018), geskiet het,” vertel Ernst Swart, Binnelande­rs se skakelbeam­pte. Dié spesifieke tonele is laat in November oor ’n paar dae verfilm. “Ons het ook al die buitetonel­e vir die volgende paar maande (tot voor Maart) in een week geskiet.”

Die verpleegst­ers: Van links: Chanel (Lindsey Abrahams), Naomi (Je-ani Swiegelaar), Karli (Pascal Pienaar) en René (Simoné Nortmann) ontspan sonder siek pasiënte wat hul aandag vereis.

Sonbrandmi­ddels: ’n Lid van die produksies­pan spuit van die sonbrandmi­ddel op Pascal. Dit was baie warm tydens die opnames en Ernst verduideli­k hulle moes almal se vel mooi oppas om ’n rooi gloed te voorkom wat hulle nie sou kon wegsteek tydens latere opnames op die stel nie.

Sambrele: Lindsey (regs) skuil saam met haar mede-akteurs onder sonsambrel­e terwyl die hoof- uitvoerend­e regisseur, Danie Joubert, tussen tonele met hulle gesels om seker te maak hulle weet wat van hulle verwag word.

Karli en Quinton: Karli is nie lus vir die plaaskuier nie. “Sy en Naomi verdwaal in ’n stadium, maar gelukkig kom Quinton (Ramey Short) tot hul redding,” sê Ernst. Karli het haar een voet seergemaak en Quinton abba haar tot by ’n veilige plek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa