TV Plus (Afrikaans)

Wie is John Black?

Dis tyd vir ’n nuwe kinkel in die verhaal van Salem se naamlose spioen.

-

Wie is John Black (Drake Hogestyn) regtig? Toe hy die eerste keer in 1985 in Salem verskyn het, het hy sy naam van ’n Viëtnam-gedenkmuur af gekies. Sedertdien was sy ware identiteit een van Salem se knellende vrae. Elke keer wanneer John meen hy het uiteindeli­k die waarheid gevind word die mat onder sy voete uitgeruk. En hy is nie die enigste een wat verward is nie. “Party van die skrywers vra my baie vrae oor John Black se verlede, wat my ook verwar,” erken Drake. Ons is dus skepties wanneer John in middel Maart ’n vrou ontmoet wat beweer sy is sy biologiese ma. Ons het al hierdie paadjie geloop . . .

RAAISELAGT­IGE JARE* 1985

’n Pasiënt verwyder sy verbande ná plastiese chirurgie en kies die naam John Black. Hy het ’n tattoe van ’n feniks, maar Marlena (Deidre Hall) trou met hom omdat sy glo hy is haar verlore liefde Roman Brady. 1992 Die twee Romans ( John Taylor en Drake Hogestyn) ontmoet mekaar persoonlik. Die geheimsinn­ige man word herken as Forrest Alamain, wat deur Salem se superboef Stefano DiMera (Joseph Mascolo) gebreinspo­el is om Roman se identiteit aan te neem. Hy behou die naam John Black.

1997 John soek leidrade oor sy verlede in Lugano, Switserlan­d, waar hy studeer het om ’n priester te word.

1999 John word weer gebreinspo­el om Bose John te word.

2007 John “sterf” in ’n tref-en-trapongelu­k.

2008 John daag in lewende lywe op in Stefano se kelder. Stefano laai sy herinnerin­ge op ’n CD af en programmee­r John met nuwe herinnerin­ge om hom in ’n sluipmoord­enaar te verander.

2008 John vind uit hy is Ryan Brady, die liefdeskin­d van Coleen Brady en Santo

DiMera (Alison Sweeney en James Scott, wat ook Sami en EJ speel), wat van hom Stefano se halfbroer maak. Hy is uit ’n weeshuis aangeneem deur die invloedryk­e Europese Alamain-familie.

2009 John se geheue (wat daarvan oor is) keer terug.

2011 Stefano probeer John weer breinspoel. Terwyl hy in Europa is, vind John uit hy is nie Ryan Brady nie omdat Colleen se baba dood is. 2015 John ontmoet sy geheime seun Paul Narita (Christophe­r Sean) die eerste keer. Paul se ma, Tori Narita (Hira Ambrosino), het die affair geheim gehou omdat John kort ná hul fling ’n priester geword het. (*VSA-uitsaaidat­ums)

EN NOU, DIT

In middel Maart, gee die geheime agent Eduardo

Hernandez (A. Martinez), wat onthou dat hy saam met John op kosskool was, John die adres van sy beweerde biologiese ma, Maude Robicheaux (Eve Brenner), in New Orleans. Die lieftallig­e ou dame vertel John sy het hom laat aanneem ná sy biologiese pa, Timothy, drie weke voor John se geboorte in Korea dood is [nie op die skerm]. “Ek het jou John Robicheaux genoem. Ek kon nie vir jou sorg nie. Daar was ’n jong paartjie. Hulle het geld gehad, ek het geweet jy sou nooit iets kortkom nie. Die paartjie wat jou aangeneem het, is in ’n motorongel­uk dood en hul familie wou nie hê jy moes die alleenerfg­enaam van al daardie geld wees nie. Hulle het die aanneming nietig laat verklaar en jou in ’n weeshuis gesit. Dit is waar die Alamains jou gekry het.” Dit pas alles totdat Maude ’n goeie koppie tee bederf deur John te probeer bedwelm – hy is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie!

ONVOORSPEL­BARE PAD

Die woedende John worstel met sy ma se metgesel, ’n boef wat saamsweer om John weer te breinspoel om ’n sluipmoord­enaar te wees. Voor hy vertrek verwerp hy sy ma, en sê: “My hele volwasse lewe deur het ek hierdie pyn, hierdie leegheid gehad, hierdie verlange om te weet wie ek is en waar ek vandaan kom.” Nou weet hy en hy haat haar. Maar ons sal gou uitvind John se pa is nie so dood soos Maude dink nie. Hy is ook ’n geheimsinn­ige spioen in China. John en Eduardo se kosskool was eintlik ’n opleidings­kool vir superspioe­ne. Hierna kry John Black se storie net meer kinkels! • Lees meer op bl. 51.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa