TV Plus (Afrikaans)

Hallo, broer!

Victor Kiriakis het ’n keuse: omarm sy halfbroer Deimos of aanvaar Deimos se wraak en woede.

-

Wanneer iemand die Kiriakis-deurklokki­e lui, is daar onmiddelli­k spanning in die lug – die familie is soos ’n Griekse-tragedie! Victor (John Aniston) is dus dadelik op sy agtervoete wanneer hy die deur vir sy halfbroer Deimos ( Vincent Irizarry, wat van 1997 tot 2011 die bose David in All My Children, 1970-2011, gespeel het) oopmaak. Dis die eerste keer in 30 jaar dat hy Deimos sien en hy pluk sommer dadelik ’n vuurwapen uit. Maar Deimos is nie in Salem om moeilikhei­d te maak nie – of so sê hy . . .

OLYFTAKKIE

“Deimos het ’n soort trauma beleef wat 30 jaar lank aangehou het; die letsels daarvan is te verstane nog vars wanneer hy in Salem opdaag,” sê Vincent. “Die feit dat hy 30 jaar lank onskuldig in ’n Griekse tronk was vir die moord op sy eerste liefde, wat deur sy ouer halfbroer, Victor, bewimpel is, was genoeg om Salem toe te kom met onverwerkt­e kwessies.” Victor is reg as hy dink Deimos soek wraak. Maar Deimos is gewillig om vrede te maak indien Victor vir hom die een ding gee waarna hy al die jare agter tralies gesmag het – familielie­fde. “Deimos het reeds ’n plan; hy dink al jare daaraan. Hy wil Victor terugkry vir wat hy aan hom gedoen het. Maar hy doen iets wat nogal eervol is: Hy hou ’n olyftak uit en sê hy sal alles vergewe as Victor erken wat hy aan hom gedoen het. Dan kan hulle aangaan met hul lewe en hopelik hul verhouding van hier af herbou,” onthul Vincent.

VROUEMOORD­ENAAR

Victor aanvaar die aanbod, hulle gee mekaar ’n broederlik­e druk, en dan leef hulle vir ewig en gelukkig saam as ’n familie, reg? O nee, o nee. Deimos gaan nog uiterste verwoesing saai. En Salem se vroue moet op hul hoede wees, want Vincent sê Deimos is ’n ware romantikus en ons gaan “’n romantiese kant van hom sien anders as sy wrede en venynige sy”. Maar ná 30 jaar se tronkstraf is hy uit oefening met hartsake. “Hy het in ’n kultuur gebly waar daar net mans was, so hy kan mans baie duidelik lees. Hy weet hoe om een tree voor ander te bly. Maar wat vroue betref, sal hy maar moet leer,” sê Vincent. En dit lyk of dit dalk ’n les gaan wees wat hy op die harde manier gaan leer. Hoe dan anders in Salem?

VERLEDE KEER

Chad het sy geheue herwin toe hy sy seun vasgehou het, Eric het Daniel doodgery toe hy dronk bestuur het, en Hope het Stefano vermoor.

13 – 15 MAART

Patch sê vir Kayla hy het ’n seun by Ava, Joey soen Ava nadat sy hom beveel om sy verliefdhe­id op haar te laat vaar, en Ava ontvoer Kayla nadat Kayla haar by Joey betrap. Andre is agerdogtig wanneer die DiMeras ’n SMS van Stefano kry, en Hope erken aan Roman sy het dr. Malcolm doodgemaak. Victor se halfbroer Deimos is in Salem, Marlena gee John haar seën om na sy ma te soek, en Philip soek Belle in Las Vegas.

18 – 22 MAART

John vra sy ma Maude oor sy pa uit en sy probeer hom bedwelm, maar John is te uitgeslape. Shawn bel Belle en sê hy het haar nog lief en wil weer probeer, Andre kry Stefano se lyk net voor konstruksi­ewerkers die gebou met hulle albei binne-in opblaas, en Patch soek na Kayla. Joey vra Ava om Salem saam met hom te verlaat, en Chase vra Ciara op ’n date.

25 – 26 MAART

Victor veins ’n hartaanval om Deimos se reaksie te sien, en Shawn en Belle se reünie verloop nie so vlot as wat hulle gehoop het dit sou nie. • Lees meer op bl. 51.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa