TV Plus (Afrikaans)

Geen omdraaikan­s

Die personeel is midde-in die sakevennot­e Katlego en Candice se lelike romantiese stryd vasgevang.

-

Katlego en Candice Patrick Seleka en Liza van Deventer) het op die moeilike manier geleer om nooit besigheid en plesier te meng nie. En met die onlangse verbrokkel­ing van hul verhouding dryf die twee almal by hul restaurant, Capsy’s, tot raserny. “Hulle beland altyd in kleinlike argumente in vergaderin­gs en dit is nie goed vir die besigheid nie,” sê Patrick. Elke keer as Katlego na Candice kyk, onthou hy hoekom hul verhouding nie uitgewerk het nie, soos toe sy in die geheim probeer het om ’n sake-aanbod van hul belegger Lehasa (Cedric Fourie) in Januarie vanjaar te aanvaar sonder Kat se medewete. “Kat hou ’n klomp woede binne! Hy is afsydig teenoor Candice in vergaderin­gs want hy vertrou haar nie meer nie,” sê die akteur. En met hul onopgelost­e kwessies wat in die lug hang, kan hulle hul klante verloor, sê Patrick.

AANVAARDIN­G

Hoewel Kat en Candice voorgee niks het profession­eel verander nie en hulle is steeds sakevennot­e, is hul personeel in die middel van hul vyandighei­d vasgevang. “Dis ongemaklik wanneer Kat en Candice saam in ’n vertrek is,” verduideli­k Patrick. Hul voortduren­de verkleiner­ing van en belediging­s teenoor mekaar maak hul span ongemaklik. “Die personeel voel verdeeld. Jy kan die spanning met ’n mes sny – dis ongemaklik en onregverdi­g van hulle om te verwag die personeel moet kant kies,” sê Patrick

VERLORE KANS

Die maklikste uitweg vir Kat is om bande met Candice te verbreek deur haar toe te laat om sy aandeel in die restaurant te koop. Maar hy klou aan Capsy’s vas omdat hy nie wil hê sy gevoelens moet die droom bederf waarvoor hy en Candice hard gewerk het nie, verduideli­k Patrick. “Kat is hardkoppig. Hul goeie herinnerin­ge toe hulle saam in die kookskool was en oor hul toekoms gedroom het, weeg swaarder as hul gedurige gekibbel,” sê die akteur. Kat kan Candice maklik vergewe vir die gekonkel met Lehasa en “dis nie asof sy hom verneuk het nie. Sy het saam met Lehasa aan ’n idee vir die restaurant gewerk en Kat net nie daarby ingesluit nie,” sê Patrick.

Kat het Candice steeds lief ondanks hul verbreekte verhouding en as hy haar vir haar gekonkel kan vergewe, hoop hy sy sal steeds enkellopen­d wees. “Hy wil hê hulle moet in die toekoms aangaan waar hulle opgehou het, maar as Kat sloer en aanhou koppe stamp met Candice, kan sy dalk aanbeweeg.”

VERLEDE KEER

’n Aanlyn video het die hoërskoolk­inders gewys nadat hulle daggakoeki­es geëet het wat Koloi verkoop het, en Lehasa het drastiese stappe gedoen om te sien of sy meisie Lelo hom verkul.

13 – 15 MAART

Koloi se dissiplinê­re skoolverho­or plaas sy vriend, Clement, in ’n moeilike situasie, en Lelo sê as Lehasa nie meer betrokke is by haar swangerska­p nie, gaan sy hom los. Die personeel van Capsy’s is vasgevang in die spanning van Katlego en Candice se mislukte verhouding, en Lehasa probeer sy verhouding met Lelo red. Kapt. Malebana por Noah aan om sy daggaversk­affer te ontmasker, en Lelo se tannie Nomalanga beveel Lehasa om voor die baba se geboorte met Lelo te trou.

18 – 22 MAART

Ma Koloi straf Koloi omdat hy die familie verneder het, en Lelo en Lehasa bereik ’n ooreenkoms oor sy oorlede vrou, Zandile, se bevrore eiers. Lehasa het ’n spesiale versoek voor Lelo se gynae-besoek, en Charles kry ’n aanbod om met sy skuld te help. Koloi neem wraak op sy ma deur spanning tussen haar en Sis Ouma te skep, en Charles lê ’n onvriendel­ike besoek by Mapitsi en Tbose af.

25 – 26 MAART

Alfred het ’n winkelassi­stent nodig, en Mapitsi kan gedagvaar word vir haar blog.

 ??  ?? Katlego (links) en Candice se verhouding het verbrokkel en hul besigheid kan volg.
Katlego (links) en Candice se verhouding het verbrokkel en hul besigheid kan volg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa